Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VIDEO: Bedrewe skrywer wys hoe om swaar onderwerp lig te hanteer

Die klip in Lisa se borskas deur Siegfried Louw
Uitgewer: Bybel-Media, 2021
Resensent: Rethie van Niekerk


Kinderboek oor die dood? Vir volwassenes mag dit met die eer­ste oogopslag vreemd klink. Tog is dit ’n onderwerp waaroor kinders dink en vrae vra. Maar hoe praat jy met kinders oor so iets? Wanneer jy meestal self nie eens die nodige woorde het nie?

LEES OOK: Die klip in Lisa se borskas

Dan lees jy Siegfried Louw se Die klip in Lisa se borskas. Met die eenvoudige sketse, eenvoudige taalgebruik en be­drieglik eenvoudige storie, kan die leser Lisa se hartseer voel. Die beskrywing trek die leser in en help jou om die klip in jou eie borskas raak te sien en te verwoord.

Koop die boek HIER

Lisa se storie is, volgens die flapteks, “’n uitnodiging om [onder andere] die dood van ’n geliefde te verwerk; ’n swaar onderwerp lig te hanteer, die verskillende ervarings wat verlies inhou raak te sien; jou eie belewenisse en emosies te ontvang vir wat dit is”.

Louw gee ook nie “toemaar”-antwoorde nie. Kinders se hartseer word nie weggepraat, ontken of onder ’n soetsappige sousie goedgemaak nie. Kinders kry nie alleen toestemming om hartseer te wees nie, maar ook, so ongemerk, toerusting om met verlies te leef.

Louw se teoretiese kennis en praktiese ervaring as spelterapeut is duidelik sigbaar. Dit maak van hierdie boek ’n besonderse hulpmiddel vir elke ouer, grootouer, dominee, onderwyser – en volwassene wat met hulle eie verlies moet saamleef.

Daar is ook ’n patroon wat gebruik kan word om ’n Lisa-pop te maak.

Die klip in Lisa se borskas sal eersdaags beskikbaar wees in Engels, isiXhosa en Sesotho.

  • Ds Rethie van Niekerk is predikant van Blouwaterbaai Familiekerk in Port Elizabeth.
  • Koop die boek HIER

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.