Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe gemaak met ‘toksiese’ gemeentes?

A church called Tov: Forming a goodness culture that resists abuses of power and promotes healing deur Scot McKnight & Laura Barringer
Uitgewer: Tyndale Momentum, 2020


‘Tov’ is ’n Hebreeuse woord. Dit beteken ‘goed’. God het na elke skeppingsdag gesê: ‘Dit is tov’. In hierdie boek van McKnight en Barringer wil die outeurs die leser se oë oopmaak vir kerke en gemeentes wat nie ‘tov’ is nie – gemeentes wat toksies geword het as gevolg van ’n leraar wat ’n gemeente met vrees manipuleer en weier om foute wat gemaak is eerlik aan te spreek.

LEES OOK: Jy swot wat? Ontmoet Engelette Kruger

Die outeurs maak gebruik van onlangse gebeure by kerke soos Willow Creek om die beginsels van toksiese gemeentes mee te beskryf. Maar dit is nie slegs makro-gemeentes wat die gevaar loop om toksies te raak nie. “What matters is not the size of the church but the size of the pastor’s ego.”

Die tweede deel van die boek handel oor “tov” gemeentes – gemeentes wat bestaan met die doel om God te verheerlik deur kerk te wees soos Christus ons geleer het. Die skrywers pleit onder andere daarvoor dat ons moet ophou om gemeentes soos ’n besigheid te bestuur en dat predikante moet ophou om ‘leiers’ te wil wees. Predikante is in die eerste plek ‘pastor’.

Ons almal ken gemeentes wat toksies is. Die goeie nuus is dat selfs toksiese gemeentes omgeswaai kan word om weer ‘tov’ te word. Hierdie is ’n boek wat leraars en kerk­raadslede móét lees, as hulle graag ’n ‘tov’ gemeente wil hê.

  • Dr Arnau van Wyngaard is die algemene sekretaris van die Swaziland Reformed Church asook die hoof- uitvoerende beampte van Shiselweni Home-Based Care.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top