Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Satan is nie ’n ateïs nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Stefaan de Jager van Jeffreysbaai skryf:

Kerkbode berig in sy nuutste uitgawe oor dr Ben du Toit se nuut­ste boek, God: Is daar ’n ander antwoord?

LEES OOK: ’n Ontmoeting met Ben du Toit: Die reis na ’n antwoord

Die skrywer het God klaarblyklik agter hom gesit, hy is nou anderkant God, iewers op pad weg van Hom af. Hierdie eens prominente figuur in die NG Kerk se verwerping van God het nie oornag gekom nie. Du Toit was die man wat die Algemene Sinode van 2011 beïnvloed het om die besluit te neem dat elkeen maar self kan besluit of die duiwel persoonlik van aard is of nie. Vir Du Toit self het die duiwel daardie tyd alreeds nie meer bestaan nie.
LEES OOK: ‘Binnestander bied tegelyk protes en pleidooi
Ben du Toit word nou as ’n soge­naamde post-teïs beskou, wat sagter klink as om na hom as ’n ateïs te verwys. Tog is dit wat hy wesentlik is as hy dan nie meer in die bestaan van God glo nie. Die duiwel in wie se bestaan hy nie meer glo nie, is egter springlewendig. Satan is geen ateïs nie en glo boonop nog steeds aan God, wat hom en sy bose geeste laat sidder. “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs” (Jak 2:19).
Jy is vry en behoort aan Christus of jy is gebind en behoort aan die Bose. Selfs Satan weet dat daar nie ’n derde opsie agter een of ander oop hek is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top