Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 5 Maart 2021

NG KERK

BEROEP: Ds Gert Barnard na Louisvale/Weg; ds Jannie Engelbrecht van Ottery na Riebeek-Wes; ds Frans Fouche na Upington-Moedergemeente; ds Daniël Gerhardus Jordaan na Norkempark.

AANVAAR: Ds Heinrich Carstens van Overkruin, Pretoria na Port Elizabeth-Lorraine.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Ruan Nieuwenhuizen, voorheen van Brackenfell-Wes, is as leraar van Sutherland gemeente bevestig deur sy broer, ds Johan Nieuwenhuizen, van King Williamstown gemeente, op 14 Feb 2021. (AW Shepherd, Skriba, 16.02.2021).

EMERITAAT

Ds Johannes Jurgens Steyn van die NG gem Worcester-Vallei het sy akte van demissie op 28 Feb 2021 ontvang. Dit is geldig vanaf 1 Mrt 2021. (Debbie Minnie, Voorsitter – Personeel en Diensverhoudige, 15.02.2021).

NOORD-KAAP

BEVESTIGING

Ds Nelius van Niekerk is op 28 Februarie bevestig as leraar by NG Kerk Oranjevallei. (Elna Theron, 24.02.2021).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Prop JC Els het die beroep na die NG gem Bergville aanvaar. Hy is op 28 Feb 2021 bevestig en sy intreepreek sal op 7 Mrt 2021 om 10:00 plaasvind. (Marcelia Mouton, Saakgelastigde, 17.02.2021).

VRYSTAAT

EMERITAAT

Ds S Spamer van die NG Kerk Heuwelsig ontvang sy emeritaat op DV 31 Maart 2021. (PJB Coetzer, Ringskriba, 23.02.2021).

NOORDELIKE SINODE

BEVESTIGING

Prop Marietjie Bergh word op Sondag 28 Maart 2021 as leraar in Riviera-Jakaranda-gemeente georden en bevestig. (Derick du Toit, Ringskriba, 25.02.2021).

OOSTELIKE SINODE

EMERITAAT

Ds Carl Louwrens van die Krugerwildtuin gem het op 31 Aug 2020 geëmeriteer. Hy het sedertdien op kontrakbasis voortgegaan. Sy afskeidsdiens het plaasgevind op 28 Feb 2021. (Anru Liebenberg, Ringskriba, 23.02.2021).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za


Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top