Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leer hier meer oor ‘teodramatiese’ benadering tot praktiese teologie

Together in God’s theatre deur Ian Nell
Uitgewer: Christelike Lektuurfonds, 2021


In Together in God’s theatre skryf Ian Nell ’n inleiding tot praktiese teologie. Hy bied ’n opsommende oorsig van die vakgebied, veral vir mense wat dit nie vantevore al bestudeer het nie.

LEES OOK: Podsending: Roelf Meyer oor die uitdagings van vredemaak

Nell gebruik ’n “teodramatiese” be­na­dering tot praktiese teologie. Binne hierdie benadering word die verskillende fokusareas van praktiese teologie dan netjies verpak binne die raamwerk van verhoog, teks, plot en karakters. Die hoofstukke is logies gerangskik en hel­der uiteengesit op ’n manier wat elke student se hart dankbaar sal laat klop, met ’n opsomming aan die begin en einde van elke hoofstuk.

Na ’n meer teoretiese oorsig gee die skrywer telkens ’n uiteensetting van hoe ’n spesifieke aspek van praktiese teologie neerslag vind, eerstens in hoofstroomkerke, daarna in Afrika Onafhanklike Kerke.

Dit is spesifiek laasgenoemde wat vir hierdie hoofstroomleser die hoogtepunt van die boek is, veral omdat hierdie kerke en hulle gebruike vir baie hoofstroomkerke nog ’n misterie is – al vorm hulle deel van die landskap van ons lewe.
’n Mens wil eintlik telkens hê Nell moet nóg oor hulle sê, ’n bietjie meer uitbrei oor die verskillende aspekte van hulle teologie en praktyk.

Ook die kort oorsig oor leiding (leierskap) in hoofstroomkerke ontsluit interessante perspektiewe, wanneer Nell praat oor leierskap se simboliese, hermeneutiese, performatiewe, inspire­rende en wees-dimensies.

  • Kerkbode het die Engelse weergawe van die boek gelees, wat onlangs ook in Afrikaans vrygestel is as Saam in God se teater.

Ds Rethie van Niekerk is ’n pre­dikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Nelson Mandelabaai.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top