Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

2020-Bybelvertaling verskyn binnekort in groter letters

Die nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans kry goeie aftrek en daar word eersdaags voorsiening gemaak vir Die Bybel: 2020-vertaling om ook in grootdrukformaat te verskyn.

“Die groter teks gaan beslis help dat hierdie Bybel makliker leesbaar sal wees vir persone met sigprobleme,” sê die projekleier van die vertaling, prof Bernard Combrink, luidens ’n verklaring wat op 29 April uitgereik is.

LEES OOK: Reeds meer as 26 000 nuwe Afrikaanse Bybels verkoop

Ds Dirk Gevers, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap, sê die drukproses is tans onderweg en die eerste besending van die Afrikaans 2020-vertaling Grootdrukbybels behoort teen einde Augustus beskikbaar te wees, luidens die verklaring.

Die Bybelgenootskap het hierdie Bybelvertaling verlede jaar tydens sy tweede eeufeesvieringe bekendgestel. Sedert die Bybel in Oktober vrygestel is, het voorraad “van die rakke af gevlieg”, volgens dr Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top