Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Tone-krul-van-die-lekker boek

It will be ok deur Lisa Katzenberger, illustrasies deur Jaclyn Sinquett
Uitgewer: Sourcebook Explore, 2021


Soos sy gewoonte is, kom haal Sebra een middag vir Kameelperd. Dié middag is egter anders … Kameelperd sit angsbevange bo in ’n boom.

In hierdie kort boekie sien ons hoe Sebra vir Kameelperd probeer ondersteun en op die ou end op die mees kosbare manier bystaan. In die paar bladsye leer kinders dan ook so ongemerk van vrees en empatie.

LEES OOK: Resensie oor Die klip in Lisa se borskas

Die heel laaste bladsy gesels met kinders oor bekommernis en wat hulle kan doen wanneer hulle angstig voel. Dit praat ook oor empatie en hoe ’n mens ’n bekommerde vriend kan bystaan.

Katzenberger se pragtige verhaaltjie word gerugsteun deur Sinquett se lieflike illustrasies. ’n Mens verkneukel jou in elke bladsy se kleurvolle, emo­siebelaaide, vermaaklike prente.

’n Tone-krul-van-die-lekker boek.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top