Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leer meer oor ekologie én die manier waarop ons ander behandel

Jy kan die wêreld verander deur Lucy Bell. Vertaal deur Fanie Viljoen
Uitgewer: Human & Rousseau, 2021


Het jy geweet dat daar meer plas­tiek­flaminke as regte flaminke in die wêreld is?

Sondag 6 Junie is Biddag vir Ekologie en Jy kan die wêreld verander is die ideale hulpmiddel om kinders en volwasse­nes toe te rus om ’n ekologies verantwoorde lewe te lei. Dit verduidelik die ekologiese problematiek waarmee ons sit en gee raad oor wat elke kind kan doen om ’n verskil te maak.

LEES OOK: Kinders se dinge: Van prettig laf tot roerende vertellings

Daar is idees, resepte en selfs ’n voorstel oor hoe ’n mens vuilgoedsakke van koerantpapier kan maak! Verskillende afdelings soos plastiek, klere, rommel, voedsel, tuinmaak, energie, ensovoorts word bespreek. ’n Hele afdeling vertel hoe om skoenlappers na jou tuin te lok. Het jy byvoorbeeld geweet dat daar wêreldwyd ongeveer 20 000 skoenlapperspesies is, waarvan 671 in Suid-Afrika voorkom? Of dat ruspes vol fiemies is oor kos?

Die inligting en raad is deurgaans een­voudig, verstaanbaar en doenbaar. Op die koop toe word dit aangebied op ’n interessante manier wat kinders bemagtig sal laat voel. Ek het byvoorbeeld geleer dat water in die vroeë 1800’s vir die eerste keer kommersieel gebottel is in Suid-Afrika. Ek het ook die onderskeid tussen skrop- of werfeiers (“free-range eggs”) en weikampeiers (“pasture-raised eggs”) geleer.

Bell fokus nie net op ekologie nie. Ons maak ook ’n verskil in die manier waarop ons ander mense behandel. So is daar ’n hele lys van idees oor hoe om gaaf te wees, asook ’n afdeling oor vergifnis.

Viljoen se vertaling is keurig en gemaklik. Waar vertaalde werke dikwels lomp lees, voel dit hier glad nie asof ’n mens ’n vertaling lees nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top