Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die kantore van die Eswatini Conference of Churches – ’n ekumeniese liggaam waarby die Swaziland Reformed Church ook ingeskakel is – is ook aangeval, omdat die kerk daarvan beskuldig word dat hulle die koning ondersteun.

NUUS: ‘Bid ernstig vir Eswatini’

“Hou aan bid, ons almal het dit nodig. Die dorp (Nhlangano) brand en die winkels word geplunder. Die boere se bome word gebrand,” beskryf Zachie Prins, ’n vrywillige helper, die afgelope dae se chaos in eSwatini (Swaziland) aan dr Arnau van Wyngaard, sekretaris van die Swaziland Reformed Church.

Pro-demokratiese protesoptrede het onlangs in die klein buurstaat op Suid-Afrika se noordelike grens ontplof. In die gewelddadige konflik tussen inwoners en regeringsmagte word niemand ontsien nie, blyk dit. Etlike mense is al doodgeskiet, winkels afgebrand of geplunder en selfs landerye word aan die brand gesteek.

LEES OOK: Hoëveld besoek Swaziland

Gebaseer op Piet Retief, op die grens met eSwatini, kan Van Wyngaard net bekommerd toekyk en bid. Dit is moeilik om te hoor hoe dit met lidmate gaan, want eSwatini se regering het opdrag gegee dat die selfoontorings afgeskakel word, wat beteken dat daar geen kommunikasie binnelands of na buite is nie – geen telefoonoproepe en geen kontak via SMS, WhatsApp of op sosiale media nie.

Vanoggend was die selfoontorings vir een uur aan en kon Van Wyngaard terugvoer kry.

“The devastation is great as most towns have been affected and people are frightened as the rioters try to recruit them in the middle of the night banging on their doors. Most of the food, clothes and furniture has been looted and there is no fuel available since most petrol stations have been burnt. Things have calmed down for now as the government issued a martial law yesterday asking all citizens to stay indoors. The roads have been partially opened by the Army. We are not sure if there will be any more food left in town as most shops were damaged,” rapporteer Michelle McCubbin, hoof van die Pasture Valley kinderhuis buite Nhlangano.

Van Wyngaard is bekommerd dat die land op ’n humanitêre krisis afstuur weens gebrek aan toegang tot kosvoorrade. Die kerk se vyf groot voedingsprogramme, wat daagliks etes gee aan sowat 500 kinders, moes gestaak word omdat die situasie so onveilig is. Só ook moes die kerk se drie kleuterskole sluit.

“Al waarvoor ons nou kan vra is voorbidding – voor ons werklik weet wat gedoen kan word,” sê hy.

Die Sinode Hoëveld is saam met die Oostelike Sinode en die Goudland Sinode reeds baie jare betrokke by Van Wyngaard en die Reformed Church in Swaziland.

“In die afgelope dae het ons verskeie boodskappe ontvang in verband met die noodtoestand wat afspeel vanweë onrus in daardie land,” sê dr Johan Botha, aktuarius van die Sinode Hoëveld.

“In die lig van die nood in Eswatini wil ek graag ’n oproep aan lesers van Kerkbode rig om in hierdie tye te dink aan ons broers en susters in Christus wat in moeilike omstandighede in Eswatini moet oorleef.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “NUUS: ‘Bid ernstig vir Eswatini’”

Comments are closed.

Scroll to Top