Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dana Snyman en Nadia Marais se bestes saam gebundel

Glo-stories deur Dana Snyman en Nadia Marais
Uitgewer: Bybel-Media, 2020


Met die resensie gee ek sommer ook kennis aan al my geliefdes, dat hulle vanjaar vir hulle verjaarsdag kopieë van hierdie lekker boek gaan kry. Glo-stories is die perfekte geskenk, ongeag die ontvanger.

Dit is ’n boek wat opbou en bemoedig, ideaal opgedeel sodat jy ’n kort stukkie kan lees voor jy gaan slaap – vreedsame drome gewaarborg. Of jy kan jou op ’n rustige wintersaand voor die kaggel daarin verlekker, terwyl jou gedagtes vernuwe en jou gees verruim word.

KOOP hierdie boek hier via Bybel-Media se e-winkel

Behalwe, dit is nie heeltemal hoe dit werk nie. Eerstens lees elke stuk so maklik en vinnig, dat jy dink: “Ek gaan gou nog ’n stukkie lees”. Dan hou jy nie op nie. Voor jy jou kom kry, is die vuur­tjie yskoud en die boek deurgelees. Tog wil ’n mens lank aan elke stukkie her­kou. Uiteindelik is Glo-stories soos ’n kunsgalery, waar jy eers vinnig deurstap en die mooi geniet. Dan stap jy weer deur, staan ’n bietjie stil, bedink wat jy sien, laat dit insak. So sal hierdie boek ’n kleinood op die boekrak bly, om altyd weer oopgemaak en nuut gelees te word.

LEES OOK: Ontgin geloofsgewoontes van vroeë kerk deur Jaco Strydom se lens

Glo-stories is presies wat dit sê: kopstukke en hartsake. Dit is ’n keur van Snyman en Marais se rubrieke in Kerkbode. Hulle vertel eenvoudige stories wat die leser nooi om dieper te kyk. Lewe en teologie word in storie en refleksie aan mekaar verbind, waar, in Snyman se woorde, “die kerklike en wêreldse mekaar op die kerkalmanak ontmoet.”

▶ Ds Rethie van Niekerk is predikant van Blouwaterbaai Familiekerk in Port Elizabeth.

Bybel-Media is Kerkbode se uitgewer.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top