Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe liedere tot eer van die Here

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Jan Breytenbach van Premiermyn, Cullinan, skryf:

God beveel ons en plaas in ons die ywer om nuwe liedere te sing tot sy eer.

Ons doen dit Sondae in die erediens­te deur ook liedere uit VONKK en Flam, wat pragtige woorde en nuwe wysies het, te sing.

Ons kan dit egter nie by ons huis sing nie, want die woorde en musiek is nie vir die normale mense beskikbaar nie.

Waarom verhoed hierdie Christene wat deur God gelei is om die woorde en liedere te skryf, die verspreiding van hier­die liedere? Hoekom mag ons net Sondae in die kerk hierdie liedere sing om God te verheerlik?

Ons liggaam is ook God se tempel en ons wil dit graag oral sing tot sy eer!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top