Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ligland-reeks gee broodnodige insig, woorde en vaardighede

Sofia en die grot deur Siegfried Louw
Uitgewer: Bybel-Media, 2021


Wanneer jy ’n boekeblad soos Kerkbode s’n hanteer, pro­beer ’n mens om ’n wye spektrum van verskillende soorte publikasies te lees, om die diversiteit van ons lesers te dien. Siegfried Louw se Ligland-reeks is egter só belang­rik, dat dit gemaklik nog ’n kykie verdien!

Kerkbode het reeds vertel van Die klip in Lisa se borskas, wat die onderwerp van verlies en dood vir kinders toeganklik maak. In Mei-maand het ons vertel van Ben en die drakie, wat kinders help met die hantering van angstigheid. Daar het ons ook ver­wys na Kolle en die gif, waar dieselfde karakters kinders begelei en bemag­tig rondom vrees en boelies.

LEES OOK: Bedrewe skrywer wys hoe om swaar onderwerpe lig te hanteer

In die volgende uitgawe van hierdie onmisbare reeks, Sofia en die grot, ontmoet ons vir Sofia. Sofia is ’n uil wat met liefde kyk en raaksien wat ander nie kan sien nie. Sy sien hoe mense wegkruip wanneer hulle nie lekker voel nie – en dan soms moeilik weer uit hulle wegkruipplek uitkom. Sofia sien wegkruipplekke – “grotte” – van toestelle, harde werk, bottels en TV’s.

Met haar wysheid help Sofia vir Gawie – en haar lesers – om hulle grotte raak te sien en te verstaan. En Gawie besef sommer self hoe ’n mens uit jou grot kan uitkom.

Koop boek hier.

Weereens verleen Louw se teoretiese onderbou, saam met sy diep deernis vir sy lesers, gravitas aan die oënskynlik ligte, vriendelike kinderstorie. Ligland gee insig, woorde en vaardighede wat kinders en volwas­senes broodnodig het.

Die hele reeks (beskikbaar in Afrikaans, Engels, Sesotho en isiXhosa), saam met inkleurprente, patrone, video’s, ensovoorts is beskikbaar by bybelmedia.org.za

  • Ds Rethie van Niekerk is predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in ­Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top