Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Cradock-Noord

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022


Gemeentelike identiteit: Om diensbaar te lewe

Gemeenteprofiel:

Cradock-Noord is ’n mediumgrootte gemeente in die Oos-Kaapse platteland, 250 km noord van Port Elizabeth. Die Gemeente bestaande uit 735 lidmate (170 dooplidmate); twee plaaswyke; drie wyke in die Elizabeth Jordaan-tehuis en aftree-oord. Twee skole val binne die bedieningsveld van die gemeente.

Daar is ’n goeie lidmaatverspreiding oor alle ouderdomsgroepe waarvan die grootste uit jongmense bestaan. Die gemeente plaas ’n hoë premie op spanwerk en samewerking binne die gemeente en gemeenskap. Van tyd tot tyd verlang dit samewerking met ander plaaslike gemeentes asook skakeling met skole.

Ons het ’n hartspiritualiteit met ’n gemaklike en inklusiewe bedieningstyl en tog akkommodeer ons verskillende spiritualiteite. Musiek speel ’n belangrike rol by alle byeenkomste. Die gemeente maak gebruik van verskeie begeleidingsvorme.

Leraarsprofiel:

  • Jong positiewe spanbouer.
  • Bedieningsgeleentheid volgens Art 9 van die Kerkorde.
  • Duidelike roeping om hiér, op die platteland, diensbaar te kan wees; gemaklik met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • Entoesiastiese Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging.
  • Hart vir barmhartigheidsdiens en die uitreik na die gemeenskap.
  • Betrokke te wees by alle gemeentelike byeenkomste.

Vergoeding:

  • Onderhandelbaar volgens sinodale skaal.
  • Huisvesting in pastorie.
  • Reiskoste volgens sinodale skaal.
  • Volgende toelae geld: Telefoon, munisipale dienste.

Aansoeke:

  • Sluit asb ’n CV in met minstens drie verwysings en kontakbesonderhede.
  • Aansoeke per e-pos aan: cdknoord@gmail.com
  • Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud en preekbeurt

Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022 en diensaanvaarding onderhandelbaar.

Navrae:

  • Mnr Koos Moolman (Voorsitter van die kerkraad) by 048 881 3024/072 999 0780.
  • Ds Annatha Nel (082 872 7087); Kerkkantoor (weeksdae 09.00-12.00) 083 728 8307.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.