Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Praktiese gids vir duideliker kommunikeer op digitale platforms

Digital body language deur Erica Dhawan
Uitgewer: HarperCollins, 2021


Ek kan WhatsApp nie verdra nie. Dit voel of ek 24/7 besig is om boodskappe te bestuur, tussen die naguile wat om 2 vm boodskappe stuur en die oggendmense wat van 5 vm af inval. Ewe skielik is alles dringend. Noudat mense selfs belangrike sake oor WhatsApp hanteer en dokumente aanstuur, beteken dit ek moet navigeer tussen wat belangrik is en wat nie: die boodskap wat sorgvuldige aandag en dokumentering verg, die prentjie met ’n blommetjie wat my ’n mooi dag toe­wens – of die jongste seepkisvideo wat nou al deur twintig mense vir my aange­stuur is.

Die afgelope twee jaar het ons digitale kommunikasie selfs nog meer toegeneem. Tussen zoom-vergade­rings deur, wonder ek wat ons inboet aan menslike konneksie. Ons weet die meeste kommunikasie geskied nie-verbaal. Hoe dan nou gemaak wanneer daardie kommunikasie agter ’n skerm is? Wanneer ’n eenvoudige punt ’n verhouding kan beëindig, dan is nuwe vaardighede nodig. Dit is waar Erica Dhawan ons help.

Koop boek hier.

Dhawan praat oor die gebruik van emoji’s (jy sal maar moet, maar pasop – die verkeerde emoji kan jou in die sop laat beland), uitroeptekens, hoofletters en punte. (Navorsing toon dat punte – spesifiek in kitsboodskappe soos Whats­App – as onopreg beleef word.)

LEES OOK: Verhaal van NG Kerk se ‘eerste treë na versoening’ nou ook as eboek beskikbaar

Iewers gaan jy voel: regtig?! (Let op hoe baie ek sê met die gebruik van ’n vraagteken en uitroepteken.) Is ek ver­antwoordelik vir almal se fyn ge­voe­lens?! Mettertyd gaan jy bemagtig voel, opgewonde oor die praktiese ma­niere waarop jy duideliker kan kommunikeer.

Digital body language bespreek sake soos grense, respek vir ander se tyd, introverte, die stemme wat nie gehoor word nie en gender-, generasie- en kultuurverskille in digitale kommunikasie.

Die groot waarde lê in die raamwerk wat die “Vier wette van digitale kommunikasie” bied, naamlik sigbaarheid, deurdagtheid, samewer­king en vertroue.

Hierdie is nie ’n gemaklike boek om te lees nie, maar skaf dit tog maar aan. Dit is nodig.

Geborg
  • Ds Rethie van Niekerk is predikant van die Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top