Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE LANGEBAAN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Gemeenteleraar (vastetermynpos)

Sluitingsdatum: 10 Desember 2021


 

Gemeenteprofiel

  • Ons is ’n plattelandse gemeente geleë in die pragtige Weskusdorp Langebaan.

Die gemeenskap het die afgelope paar jaar uitgebrei en ontwikkel van ʼn tradisionele

vakansiedorp tot ʼn dorp waar inwoners hulself op ʼn meer permanente basis kom

vestig.

  • Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 600 belydende (grootliks afgetrede persone)

en 318 dooplidmate.

  •  ʼn Aftree-oord is geleë binne die grense van die gemeente, so ook etlike goeie skole,

winkelsentrums, sport- en mediese fasiliteite.

 

Leraarsprofiel

Gelegitimeerdes van die NG Kerk, verkieslik tussen die ouderdom 30 tot 45 jaar, wat

ampspligte sal nakom soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn, word genooi om aansoek te doen vir die vakante leraarspos by NG Kerk Langebaan.

Hierdie persoon is iemand wat:

  • Lief is die Here en sy/haar verhouding met Hom uitleef in noue kontak met mense.
  • Visionêr en strategies kan dink om die gemeente te lei in haar geestelike groei.
  • Gerig is op jongmense, gesinne sowel as bejaardes en opgewonde is om persoonlike kontak met mense te maak. Verhoudingsbou is vir die gemeente belangrik.
  • Beskik oor die digitale/tegnologiese en ander vermoëns om met alle generasies te kan kommunikeer en hulle op ʼn geestelike vlak te bedien.
  • Gemaklik die gebruik van multimedia benut om die prediking en ander gemeente-aktiwiteite te ondersteun.
  • Die dringendheid verstaan om vrywilligers te bemagtig en toe te rus vir hulle diens vir die opbou van die liggaam van Christus sodat die gemeente as getuies van Jesus deur woorde en dade betrokke kan wees in Langebaan se gemeenskap, asook buite haar grense.
  • Beskik oor sterk leierseienskappe wat hom/haar instaat stel om leiding te neem in gemeente-aktiwiteite, maar ook gemaklik in spanverband kan saamwerk.
  • Ekumeniese eenheidsprosesse plaaslik, in rings- asook sinodale verband met verantwoordelike entoesiasme bevorder.
  • Die noodsaak van eie geestelik, emosionele en fisiese gesondheid besef en deurlopend ontwikkel.
  • Haar/sy leierskapsrol wyer in die gemeenskap kan verwoord.

 

Vergoeding

Die totale koste van indiensneming (TKVI), insluitend behuising, is onderhandelbaar met die kerkraad volgens sinodale riglyne.

 

Aansoekprosedure

a. Belangstellendes word versoek om die volgende voor of op Vrydag 10 Desember 2021 per e-pos aan die komiteelid van die pre-advieskomitee, mev Anneke van Schalkwyk, na preadvies.ngklbn@gmail.com te stuur.

  1. ’n Volledige CV, van maksimum 4 bladsye.
  2. ʼn Kort Pecha Kucha-aanbieding (20×20) wat die punte onder die leraarsprofiel hanteer.
  1. Die name van drie persone as referente, wat maklik gekontak kan word.

b. Aansoeke word soos volg hanteer

  1. Die pre-advieskomitee van die kerkraad behou die reg voor om self ook inligting

aangaande die aansoeker in te win.

  1. Kandidate wat oorweeg word, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekgeleentheid.
  2. Die kortlyskandidate sal ook versoek word om ʼn persoonlikheidsvraelys asook ʼn

spiritualiteitsprofiel te voltooi.

 

SLUITINGSDATUM: 10 Desember 2021

Diensaanvaarding: 1 Junie 2022

 

Telefoniese navrae

  • Anneke van Schalkwyk (pre-advieskomiteelid): 082 805 0905
  • Johan de Beer (pre-adviesvoorsitter): 082 453 5807

 

*Die Kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die beskikbare aansoekers te maak nie.

 

*Deur die indiening van hul CV’s gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hul CV onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur Langebaan-gemeente vir die keuringsproses gebruik kan word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top