Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PSD Noord-Kaapland: Voltydse Predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

PSD NOORD-KAAPLAND

VAKATURE: VOLTYDSE PREDIKANTSPOS

“Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef”.

 

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland maak die vakature vir ’n voltydse predikantspos vir ’n PSD (predikant in sinodale diens) in die sinode in Noord-Kaapland bekend.

Aansoeke: Die pos is ’n geleentheid vir ’n dinamiese persoon wat beskik oor sterk administratiewe en kommunikasievaardighede sowel as ’n pastorale hart.

Die kerk en die sinode in Noord-Kaapland bevind haar in ’n tyd van transformasie. Hierdie pos vereis dus ’n leraar wat bereid sal wees om ’n langer verbintenis met die streeksinode in Noord-Kaapland aan te gaan. Bedienings- en gemeente-ervaring speel ’n groot rol in die uitleef van die pos.

Alle leraars tussen 35 en 55 is welkom om hulle CV’s te stuur na admin@noordkaapland.co.za.

Aansoeke sluit op 20 Februarie 2022. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud sowel as psigometriese toetse.

Vergoedingspakket: Volgens die riglyne van die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) in oorleg met die Algemene Taakspan Fondse en Bates (ATFB).

Diensaanvaarding: 4 April 2022 met standplaas Kimberley.

Vir navrae kontak gerus vir ds Rudi Janse van Vuuren 084 549 9153 of ds Christo Jonck 082 948 2017.

Die taakspan PSD Noord-Kaapland behou die reg om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top