Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Voorskou | Streeksinode in Bloemfontein (8 – 10 Maart)

Van die “brandpuntbesprekings” op die tafel wanneer Vrystaat Sinode van 8 – 10 Maart vanjaar in Bloemfontein saamtrek, word as volg gelys in ’n blog-inskrywing op dié streeksinode se webwerf: 

  • Kerk en die verhouding tussen NG/Welsyn en ENGO. Wanneer praat ons van gemeentediakonaat en wanneer praat ons van statutêre werk en wie moet wat doen?
  • Gemeentes wat wil doleer en watter weg gevolg kan word om uit die kerkverband te tree.
  • Teologiese opleiding – is dit betroubaar? Laat ons na beide kante van die saak kyk en saam nadink.
  • Skrifgesag en die interpretasie van die Skrif. Hoe luister ons na die Bybel en wat maak ons daarmee?
  • Kleiner-wordende gemeentes en hoe om gemeenskappe te bedien wat hulle in hierdie situasies bevind.
  • Die kerk in ‘n post-Covid-era.

“Die sinodesitting gee vir ons die geleentheid om saam te besin oor hedendaagse kwessies,” word dr Carin van Schalkwyk, die skriba van Vrystaat Sinode, aangehaal.

“Dit is ook ’n vergadering waartydens leierskap verkies word om op die besture van bedieninge of werksaamhede te dien. Op hierdie vergadering word dan ook die leierskap verkies wat in die tyd wanneer die sinode in reses is, bestuursbesluite moet neem; hulle word die Moderamen genoem. Uit die Moderamen word daar lede afgevaardig na die Algemene Sinode se moderatuur om die Sinode van die Vrystaat daar te gaan verteenwoordig. Tydens ons plaaslike sinodesitting word daar ook ’n begroting goedgekeur wat ten doel het om gesamentlike werksaamhede van die sinode te finansier. Hierdie werksaamhede is só omvangryk dat dit nie op gemeente- of ringsvlak gedoen kan word nie.” 

Van Schalkwyk voeg by: “Dit is vir my jammer dat gemeentes soms sukkel om te snap dat ’n sinodesitting ’n geestelike en geloofsonderskeidende vergadering is waar daar ten diepste  geluister en gesoek moet word na die wil van God. Wanneer iemand afgevaardig word om ’n sinodesitting by te woon, word jy nie gestuur om jou gemeente se standpunt te gaan stel nie. Jy is deel van ’n nuwe vergadering en in hierdie vergadering is jy deel van ’n groep ander medegelowiges wat saam luister en geloofsonderskeidend soek na die pad wat die Here vir die sinode wil wys.” 

  • Lees die volledige blog-inskrywing HIER en hou www.kerkbode.co.za dop vir dekking uit Bloemfontein vir die duur van die streeksinodale sitting. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top