Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Gemeente Hoopstad
VAKATURE: MEDELERAAR
Gemeenteprofiel: Hoopstad is ’n plattelandse gemeente in die noordwes-Vrystaat met sowat 682 belydende en 191 dooplidmate. Hoopstad is ±160 km vanaf Bloemfontein en ±100 km vanaf Welkom. Hoopstad is ’n sterk boerderygemeenskap met saaiery as die belangrikste deel van die boerdery. Tans is hier twee leraarsposte met 19 wyke en sowat 457 besoekpunte, waarvan 66 by die tehuis vir bejaardes is. Die gemeente beskik ook oor die dienste van ’n voltydse getuieniswerker. Die plaaslike skool is van graad 1 tot matriek met Afrikaans as medium van onderrig. Daar is ook twee skoolkoshuise binne die gemeentegrense.
Pligte: Soos omskryf in die Kerkorde Artikel 9, met byvoeging van huisbesoek.
Verdere aanbevelings: Iemand verkieslik met die gawe en ervaring in gesinsbedien ing met die fokus op jeug.
Vergoeding: Onderhandelbaar met inagneming van sinodale skaal. Ruim voorsiening ook vir reiskoste, medies en ander toelae. ’n Ruim en doelmatige pastorie is ook beskikbaar.
Moontlike kandidate: Enige gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk.
Aansoeke: Aansoekers moet verkieslik e-pos na die volgende adres:
ngkhoopstad@gmail.com of pos na: Pre-Advieskommissie, Posbus 15, Hoopstad 9479.
Sluitingsdatum: 6 Mei 2022.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik.
Navrae: Ds Deseré de Beer 066 227 5586 of dezid2@gmail.com
Die Sakebestuurder: Mej Lemaé Visser 053 444 1058 of ngkhoopstad@gmail.com
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig die vakature uit een van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.
