Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Eenvoud

Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Na drie lande en twee-honderd-en-veertig studente in een jaar het ek besluit om te onttrek (‘opt-out’) van ’n dekade-lange avontuur in die buiteland as Engelse onderwyser en in te teken (’opt-in’) vir ’n nuwe avontuur van stabiliteit en eenvoud.

Hierdie was aanvanklik nie my eie idee nie, maar die geniale raad (eintlik antieke wysheid) van my vriende wat my aangemoedig het om ’n nuwe droom – die van eenvoud en stabiliteit – ’n kans te gee. Boodskappe van verskeie vriende het soos een stem met my gepraat: “kom terug huis toe en bly op een plek”, “bou aan een ding vir ’n lang tyd”, “skakel in by ‘n geloofsgemeenskap”. Wat hierdie stemme eintlik vir my probeer sê het is: ‘vereenvoudig jou lewe’ en ‘wees vergenoegd’.

Ek was op ’n eindelose soektog na ‘meer’ maar wat ek nooit kon kry in ‘meer; nie, was eerder te vinde in ‘minder’. Ek praat hier nie net van materiële besittings nie (alhoewel ek vir ’n dekade lank net uit een tas gelewe het) maar eerder oor hoe eenvoud my lewe verander het.
Dit is sowat vier jaar vandat ek ingeteken het op ’n eenvoudiger lewe en hier is hoe my lewe verander het: Ek glo nie ek was ’n slegte onderwyser nie, maar ek moes ’n skuif uit onderwys maak om my identiteit los te maak van my siening van myself as ’n ‘suksesvolle onderwyser’ of om erkenning te soek deur my beroep. My jare-lange ‘obsessie’ om suksesvol te wees, myself te bewys, en om erkenning te kry was onbehulpsaam en uiteindelik toksies.
Ek het sedertdien ’n eenvoudiger werk gekry waar ek slegs halfdag werk – dit het wonders vir my geestesgesondheid gedoen! – en ek het daarom diep waardering ontwikkel vir die eenvoud van my werk en die stabiliteit wat dit vir my bring. Ek het opnuut waardering gekry vir beide die genot wat ek uit my werk gekry het, die plesier om met my nuwe kollegas saam te werk, asook die voordele van my ‘eenvoudige’ werk: naweke af, aande vir myself en die beste geskenk is dat ek nie meer werk huis toe hoef te vat of oortyd te werk nie.

LEES OOK: Nog studentebydraes

Ek is nou meer daarop ingestel om myself met intensionaliteit daarvan te weerhou om te kla oor my werk of inkomste sodat ek my dankbaarheidsin kan beskerm. My onrealisties-hoë standaarde van perfeksionisme is besig om stadig-maar-seker af te neem soos wat ek, met opregte dankbaarheid, myself verlustig in die voordele van my meer eenvoudiger werk. Die teenwoordigheid van dankbaarheid, en die afwesigheid van my oudergewoonte om altyd te kla oor alles, is tans besig om ’n immergroen sin van tevredenheid en vergenoegdheid in my te skep. My aanvanklike vrees dat ek gaan uitmis (FOMO) as ek eenvoudiger lewe het nou verander in ’n diep dankbaarheidsin vir my ‘kleiner’ lewe waarin ek iets waarlik solied in stabiliteit gevind het.

KERKBODE: SELF ’n STUDENT? SKRYF VIR ONS?

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Eenvoud”

  1. As jy 64 is soos ek maak die eenvoudige lewe heeltemal sin. Ek kuier hier by my seun in Brunei. Rustiger kan dit nie gaan nie. Familie tyd is hier volop. Geld is goed. Vriende met dieselfde oorlewings drang. Maar tog het die Jongmense n verantwoordelikheid teenoor hulle oudag…

  2. Neels Kloppers

    Ek het waarlik groot waardering vir Jean se diep kyk in homself en die eerlike oopmaak skryf van sy pad wat hy geloop het. Mag jy waarlik vreugde vind in die seëninge wat die Here op jou uitstort. Dankie vir die seën wat jy ook met jou saamdrae.Leef voluit en met met vertroue.

Comments are closed.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.