Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: LERAARSPOS
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2022.
In biddende afhanklikheid van die Here word aansoeke vir bogenoemde pos ingewag.
Gemeenteprofiel:
Ligbaken Gemeente is ’n splinternuwe voorstedelike gemeente in die suide van Johannesburg na die samesmelting van Deo Gloria Gemeenskapskerk, NG Mondeor en NG Townsview. Ons missie: “Ons besigheid is Christus” met ons visie: “Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die suide van Johannesburg”.
Leraarsprofiel:
Ons ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat:
• die Here en sy Woord liefhet en geroepe voel om in sy diens te staan, en sy/haar geroepenheid met ’n onblusbare passie uitleef in ’n lewende, sigbare en daadwerklike verhouding met ons Hemelse Vader;
• die inspirerende geestelike leier van ons gemeente is;
• in die eredienste die liturgie só aanwend dat God verheerlik en ontmoet word;
• gemaklike, warm en goeie verhoudings met alle lidmate kweek as ’n ware omgeemens;
• alhoewel sterk selfgedrewe, doeltreffend in spanverband kan saamwerk;
• gebalanseerd (= tree ewewigtig op) en geïntegreerd (= sien die groot prentjie) is en werk;
• visionêr, kreatief en vernuwend kan dink en doen in ’n snelveranderende wêreld wat nuwe eise stel en nuwe denke vra mbt Christus se kerk in die wêreld, gegrond in bewese leierskapvaardighede;
• gemaklik interkultureel en -generasies kan optree;
• die sosiale media doeltreffend en prakties kan gebruik;
• goed tweetalig in Afrikaans (huistaal) en Engels is; en
• verkieslik tussen die ouderdom 40 tot 50 is, met ten minste 15 jaar toepaslike ervaring.
Vergoeding:
Die totale koste van indiensneming is onderhandelbaar met die gemeente volgens sinodale skaal.
Aansoek (sluit op 31 Oktober 2022):
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by admin@ligbaken.joburg:
• ’n Dekbrief van 1 bladsy waarin u die redes verskaf vir u belangstelling in die pos.
• ’n Volledige CV.
• ’n Kort bekendstellingsvideo waarin u bedieningservaring, bedieningsvisie, bedieningsvoorkeure, besondere gawes, visie en roeping beskryf word.
• Die kontakbesonderhede van vier referente.
• ’n Skakel na ’n onlangse preek.
- Die gemeente behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.
- Die sluitingsdatum is op versoek van die gemeente verleng tot 31 Oktober 2022.
