Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ligbaken Gemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAARSPOS

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2022.

In biddende afhanklikheid van die Here word aansoeke vir bogenoemde pos ingewag.

Gemeenteprofiel:
Ligbaken Gemeente is ’n splinternuwe voorstedelike gemeente in die suide van Johannesburg na die samesmelting van Deo Gloria Gemeenskapskerk, NG Mondeor en NG Townsview. Ons missie: “Ons besigheid is Christus” met ons visie: “Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die suide van Johannesburg”.

Leraarsprofiel:
Ons ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat:
• die Here en sy Woord liefhet en geroepe voel om in sy diens te staan, en sy/haar geroepenheid met ’n onblusbare passie uitleef in ’n lewende, sigbare en daadwerklike verhouding met ons Hemelse Vader;
• die inspirerende geestelike leier van ons gemeente is;
• in die eredienste die liturgie só aanwend dat God verheerlik en ontmoet word;
• gemaklike, warm en goeie verhoudings met alle lidmate kweek as ’n ware omgeemens;
• alhoewel sterk selfgedrewe, doeltreffend in spanverband kan saamwerk;
• gebalanseerd (= tree ewewigtig op) en geïntegreerd (= sien die groot prentjie) is en werk;
• visionêr, kreatief en vernuwend kan dink en doen in ’n snelveranderende wêreld wat nuwe eise stel en nuwe denke vra mbt Christus se kerk in die wêreld, gegrond in bewese leierskapvaardighede;
• gemaklik interkultureel en -generasies kan optree;
• die sosiale media doeltreffend en prakties kan gebruik;
• goed tweetalig in Afrikaans (huistaal) en Engels is; en
• verkieslik tussen die ouderdom 40 tot 50 is, met ten minste 15 jaar toepaslike ervaring.

Vergoeding:
Die totale koste van indiensneming is onderhandelbaar met die gemeente volgens sinodale skaal.

Aansoek (sluit op 31 Oktober 2022):
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by admin@ligbaken.joburg:
• ’n Dekbrief van 1 bladsy waarin u die redes verskaf vir u belangstelling in die pos.
• ’n Volledige CV.
• ’n Kort bekendstellingsvideo waarin u bedieningservaring, bedieningsvisie, bedieningsvoorkeure, besondere gawes, visie en roeping beskryf word.
• Die kontakbesonderhede van vier referente.
• ’n Skakel na ’n onlangse preek.

  • Die gemeente behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.
  • Die sluitingsdatum is op versoek van die gemeente verleng tot 31 Oktober 2022.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.