Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Koinonia Sinode ‘wil behoudendes toerus’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Henrietta Klaasing, namens Kairos Netwerk Dagbestuur, skryf: Die Koinonia Sinode (KS) word beplan deur Kairos Netwerk se Werksgroep vir DV 3 tot 4 Mei 2023 by Ingwe Guest Lodge, Vanderbijlpark in Gauteng.

Dit is ’n amptelike vergadering wat konstitueer met verteenwoordigers van NG kerke wat getrou is aan die Bybel en ons gereformeerde belydenisse, en wat hulle kerkraad met ’n geldige geloofsbrief verteenwoordig. Besoekers uit ander gemeentes en denominasies wat die atmosfeer, die heiligheid en ordereëlings van hierdie vergadering respekteer, is ook welkom om die verrigtinge by te woon.

Kairos Netwerk (KN) wil met die KS ’n geestelike tuiste bied vir diegene wat nog deel van die NG Kerk wil bly, maar wat bekommerd is oor die grootskaalse miskenning van die Skrif en die belydenisse deur die Algemene Sinode (AS) en wil hulle daarom beywer vir totale reformasie van binne die NG Kerk.

Die KS wil nie die AS of enige streeksinode vervang nie, maar wil behoudendes toerus om positiewe invloed uit te oefen om die AS, streeksinodes en kerkrade deur hulle getuienisse terug te roep na die Bybel as Woord van God en die verstaan van die Bybel soos dit vertolk word in die gereformeerde belydenisse. Die KS is nie ’n elfde sinode van die AS nie, en vervang nie een van die bestaande streeksinodes nie. KS is ’n kerkvergadering in eie reg waar Skrifgetroue gemeentes saam op pad gaan, mekaar ondersteun en saamwerk aan gemeenskaplike doelwitte en projekte met die oog op reformasie van die ganse NG Kerk.

Rakende Artikel 37 van die Kerkorde wil ons steeds al die streeksinodes wat kan, soos byvoorbeeld Vrystaat, Namibië, Goudland en Oostelike Sinode aanmoedig en ondersteun om ’n besluit in terme van Art 37 te neem. Die KS wil gemeentes lei en inspireer om deur alle oorblywende en moontlike kerklike kanale ’n voorlegging te doen aan die NG Kerk se AS in sitting in Oktober 2023.

Alhoewel KN die totstandkoming van die KS gedryf het, gaan die verhouding tussen KN en die KS verander: Ons visie is dat die KS geleidelik meer op die voorgrond sal tree om die reformasie deur amptelike kerkvergaderings te bevorder en dat KN geleidelik meer sal fokus op ondersteuning, toerusting en advies aan die KS. Besoek www.kairosnetwerk.net vir meer.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.