Kerkbode

Kopiereg Β© Kerkbode 2026

Henrietta Klaasing skryf: Dink na oor die Kerk van die toekoms!

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Groblersdal skryf: β€œIs die universiteite in Suid-Afrika hoegenaamd die regte plek om NG predikante op te lei?” Gerhard Griesel vra hierdie belangrike vraag (Kerkbode, 11.04.2023) en kyk na teologiese opleiding uit die oogpunt van die lidmaat. Ek kan my vereenselwig met sy siening. Die eienskappe wat hy voorstel vir teologiese dosente is wat in die Bybel staan vir alle kerklike voorgangers (lees 1 Tim 3:1-13: Hand 20:28-31): toegewyde manne en vroue van God, voorbeeldig, vroom en aan God gehoorsaam, gereformeerd in hulle teologiese denke met ‘n brandend begeerte om dissipels vir Jesus te maak.

Kairos Netwerk het by verskillende geleenthede hul kommer uitgespreek oor tendense by die huidige teologiese fakulteite, onder meer die feit dat dosente daar se salarisse deur die universiteite betaal word. β€œWiens brood men eet, diens woord men spreekt” is ‘n Nederlandse spreekwoord wat daarop neerkom dat ‘n mens die voorskrifte uitvoer van die een deur wie ‘n mens betaal word. Wanneer teologiese dosente in diens van die staat is, begin dinge verkeerd loop en jong mense word deur sekulΓͺre dosente by sekulΓͺre inrigtings opgelei, soos Griesel skryf.

LEES OOK: Gerhard Griesel skryf: Teologiese opleiding: β€˜NG Kerk moet ten volle beheer’

Blykbaar het die GKSA dit ook raakgesien. Die NWU het besluit om die ooreenkoms oor die opleiding van predikante vir die GKSA uit te faseer as die kerk nie bereid is om die nuwe ooreenkoms te onderteken nie. Die ooreenkoms sou bepaal het dat die universiteit die inhoud van die kurrikulum sou saamstel en die reg sou hΓͺ om teologiese dosente van sy keuse aan te stel. β€œHulle sou nie meer soos in die verlede effektief in diens van die kerk staan nie en teologiese studente sou nie noodwendig onderrig ontvang deur Gereformeerde professore of dosente nie. Hierdie voorwaardes is na die oordeel van die sinode nie in ooreenstemming met die skriftuurlike benadering tot teologiese opleiding van die GKSA se predikante nie” – dit is besluit op die GKSA se laaste sinode volgens ‘n berig in Rapport (5.02.2023).

In ‘n insiggewende artikel in Rapport (16.04.2023) skryf prof. Johann Rossouw van die Universiteit van die Vrystaat dat goeie teologiese opleiding privaat gedoen moet word en aan die hand van die heel beste Christelike tradisie, as die Afikaanse kerke ‘n stelling wil inneem in die onontkombare stryd oor werklikheidsbeskouings wat vandag beslis word.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder gΓ³Γ©ie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wΓͺreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top