Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bennie Marais skryf: Help ons asseblief, want ons worstel om vir die vyand te bid, vra gemeente 

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr. Bennie Marais van NG Kerk Charl Cilliers skryf: Help ons asseblief want ons gemeente worstel met ’n diepe verlange om gehoorsaam te wees aan die Woord van God. Ons as gemeente wat baie boere insluit, probeer regtig hard om ons vyand lief te hê en vir hulle te bid. Tog is dit ’n Bybelse opdrag omdat dit ’n direkte opdrag van Jesus aan Sy dissipels is. “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir die wat vir julle vervolg” (Matteus 5:44). 

Soveel boere en hulle vrouens is die afgelope tyd op ’n wreedagtige manier vermoor (77 plaasaanvalle in 90 dae vir 2023). Al wat oorbly is ’n leë plaas en kinders wat verslae is. Bid asseblief saam vir hierdie gemeente van die Here Jesus Christus, want hulle het ook al hierdie seer pad geloop. Die Staat is nie daar nie. 

Tog het ons gemeente die belofte dat die Heilige Gees met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie (Romeine 8:26) vir ons intree. Dit is wat ons gemeente in hierdie tyd belewe en ervaar. 

As dolerende gemeente huil ons ook oor die kerk. Ons sukkel om te bid vir hulle wat die Woord van God verdraai en eerder mense se guns soek as God se guns. Nogtans wil hierdie gemeente eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense (Handelinge 4:19). 

Daarom die oproep aan elke Skrif-getroue lidmaat en gemeente in Suid-Afrika: Bid vir ons land en vir elke gemeente in Suid-Afrika wat strewe na die Waarheid van God. 

Kom sing saam met ons gemeente hierdie lied. “Heer ons dink aan Afrika, land van helder son, soveel mense wat hier woon, wag op God se Woord, mense smagtend in hul nood na die God van Hoop, Hoor ons smeekgebed, o Heer, Vader wat reageer, bring die liefde van ons Heer na die mense wat hier woon, Seën Afrika!, laat ons in vrede woon”. 

Die gemeente van Charl Celliers nooi u uit om as gelowiges saam in ootmoed en ontsag hierdie lied te sing, terwyl ons in trane aanhou bid. Maar dan nooi ons u ook om al is dit moeilik, saam met ons in gehoorsaamheid voort te gaan om ons hoë roeping in hierdie pragtige land uit te leef en om selfs ons vyande lief te hê soos onsself.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top