Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Johan van der Merwe: Is die NGK regtig gelyk aan ’n vonkprop?

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Wanneer ’n mens “NGK” op Google intik, verskyn ’n baie bekende handelsnaam vonkprop op die skerm. Miskien is dit simbolies van hoe die NGK haar plek in die samelewing verloor het. 

’n Bekende teoloog sluit hierby aan wanneer hy skryf dat dit, in skerp teenstelling is met die rol wat die NGK 70 jaar gelede gespeel het. As grootste Afrikaanse kerk en ondersteuner van die Nasionale Party se beleid van apartheid, was die NG Kerk ’n magtige instelling wat ’n groot invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing uitgeoefen het.

Hierdie standpunt is by die Algemene Sinode van 1994 deur oudpresident Nelson Mandela bevestig toe hy tydens sy toespraak by die sinode verwys het na die enorme rol wat die kerk in die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel het. Hy het die kerk onder meer uitgedaag om so betrokke te bly in die opbou van ’n nuwe Suid-Afrika. Die vraag is of dit inderdaad gebeur het?

Die opmerking wat ek heel dikwels deesdae by lidmate en predikante hoor getuig egter van die teendeel. “Ek kyk en lees nie meer nuus nie. Daar is in elk geval niks wat ons aan die gemors wat in die land aan die gang is kan doen nie!” Die korrupsie, armoede en geweld het so oorweldigend geword dat dit lidmate en gemeentes verlam. Beurtkrag is die finale strooi wat dreig om die kameel se rug te breek. Lidmate is in ’n stryd om oorlewing gewikkel. Energie vir die chaos daarbuite is daar gewoon nie meer nie! Dalk is dit een van die vernaamste redes waarom die NG Kerk se rol in die samelewing al kleiner geword het. En tog het die kerk in 2013, tien jaar gelede, tydens die Algemene Sinode, besluit om juis met ’n nuwe missionale gerigtheid ’n verskil in Suid- Afrika te maak. Die groot vraag is: Hoe nou?

Miskien help Google ons onwetend! ’n Vonkprop is ’n relatief klein maar onmisbare deel van ’n petrolenjin. Dit is die vonkprop wat die petrol in die enjin aan die brand steek wat aan die enjin sy krag gee. In die kerk begin dit mos by gebed. Dalk is dit die heel belangrikste rol wat die NG Kerk in ons dag in die samelewing moet speel – om gelowiges opnuut aan te moedig om te bid dat die Here wat groter as al die gemors in hierdie mooi land is, sal ingryp soos wat Hy dit in die verlede gedoen het. Dan doen ons nie niks nie – ons doen alles wat nodig is!

Prof Johan van der Merwe doseer Kerkgeskiedenis en Kerkreg aan die Universiteit van Pretoria.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Johan van der Merwe: Is die NGK regtig gelyk aan ’n vonkprop?”

  1. Ja, ernstige, indringende en volhardende gebed om herlewing is al antwoord. Ds Bennie Mostert het ñ paar jaar gelede in sy boek “Wanneer God mense nuut maak” geskryf: “Two of the greatest misconceptions around revival are (1) that revival concerns only the salvation of people and (2) that it is something that happens in the church but makes precious little difference in the community outside.

    Fact is that every revival, also the 1857-1862 revival, had an enormous social impact. For instance, few people know that in many countries schools and universities were established as a direct result of this revival. The thousands of missionaries who went out to the unreached followed a holistic approach towards mission work. Consequently, wherever they went, they started hospitals and schools, promoted agriculture and even contributed towards public administration. People who were touched by the revival started addressing every form of human need in their communities; feeding schemes were started for the needy, housing was provided for the homeless and unmarried mothers; rehabilitation centres for alcoholics and prostitutes, orphanages and psychiatric institutions were established, and societies for the protection of animals were founded.” ( Bennie Mostert)

  2. Johan Pienaar

    Dankie Johan, ek glo met my hele hart dat ons dit kan wees en toenemend weer word. Oral is gemeentes besig om deel te word van ‘n gety wat groot verandering kan bring. Ek tree n paar weke by n Ring in die verre weste op en hoor dit daar en kuier 2 weke as deel van n groep Dialoog vir Aksie by Fountainebleau en sien dit daar. Ek het hoop.

Comments are closed.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top