Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Konstruktiewe joernalistiek: Om harder te luister


Nuus is nie maar eenvoudig nuus nie. Voorblaaie en hooftrekke in nuusbulletins val nie uit die lug nie. Dit word saamgestel deur joernaliste wat werk met die soort lens waardeur nuusmedia al vir dekades gebeure bekyk. Tradisionele “nuuswaardes” is goed soos prominensie (wat maak die regeerders en diegene met mag?), konflik, presedent (waartoe lei hierdie?), ligging (is die gebeure geografies of emosioneel “naby” aan die groep wat jy as jou lesersmark identifiseer?) en vreemdheid (kan jy nou meer!). En dalk die grootste nuuswaarde: Iets is belangrik en mense weet dit nog nie … Daar lê die “groot storie” natuurlik; iets wat die publikasie beide vars en relevant sal maak.

Die lens wat nuuswaardes kollektief bied is gesofistikeerd, behulpsaam en dikwels betroubaar. Dit bevat ook gereeld die voorkeur vir negatiwiteit en gee die hoogste woord aan ekstreme opinies. Daar is onder vele joernaliste wêreldwyd ’n groeiende bewussyn dat daardie einste nuuswaardes ook leemtes het en die probleme rondom ons vererger deur polarisasie aan te blaas. Die netwerke wat rondom oplossingsjoernalistiek (solutions journalism) ontstaan is wel besig om ’n praktiese en sterk teoretiese grondslag te bou vir joernaliste wat wil vra “What’s going on here?”, eerder as “What’s wrong here?” Dit verg harder luister eerder as harder praat. En die gewilligheid om nuwe gedrag aan te leer – ook in die nuuskantoor.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top