Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Den Hartog verstaan my visie op vrysinnigheid en regsinnigheid verkeerd

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prof Hoffie Hofmeyr van Pretoria skryf: In alle respek teenoor my broer in Christus, ds Willem-Henri den Hartog, meen ek dat hy my in sy Kerkbode-brief van 10 Augustus nogal taamlik verkeerd verstaan.

LEES OOK: ‘Bloeiende Christendom’ in Nederland vertel ander storie

Hy dink dat ek die totale Christendom in Nederland as vrysinnig beskou wat glad nie die geval is nie. Ek verwys telkens slegs na vrysinnigheid as ’n bepaalde stroming binne die Christendom aldaar. Ek is wel deeglik bewus van en taamlik op die hoogte met die sogenaamde Bybelgordel in Nederland en die goeie en regsinnige pad wat die kerke in die kringe bewandel. Dit is dus slegs die vrysinnige pad en roete in Nederland wat in ’n doodloopstraat is.

Interessant is dit dat Den Hartog self impliseer dat hy taamlik ortodoks oftewel regsinnig is en dat hy meestal in Nederland in ortodokse gemeentes die Woord bedien. Sy begrip oor die regsinnige en vrysinnige strominge in die NG Kerk doen dus taamlik vreemd aan en skynbaar verstaan hy nie dat juis die algemene Sinodale leierskap van die NG Kerk redelik sterk ’n vrysinnige agenda dryf nie. Intussen besef Den Hartog skynbaar ook nie dat juis hierdie leierskap die stok in die wiel van diepgrypende reformasie in die NG Kerk is nie. Ek dink verder sy verwysing na die Tagtigjarige Oorlog(1568-1648) as die breuklyn tussen vrysinnigheid en regsinnigheid is erg oorvereenvoudig.

Of Den Hartog as gevolg van beperkte insig of dalk met ’n ander bedoeling hierdie standpunte ingeneem het weet ek nie. Ek stem met iemand soos Den Hartog, wat selfs in ’n Christelike skool in Nederland geskool is en toegewyde bedienaar van die Woord en verbonde aan groot werk in Suidelike Afrika van die Gereformeerde Zendingsbond van die Protestantse Kerk in Nederland is, heelhartig saam dat, soos hy al elders ook geskryf het, ons reformasie(inkeer) en eenheid moet nastreef. Maar dan moet daar ’n totale reformasie in die ganse kerk plaasvind, en wel ook in hierdie geval by die NGK-leierskap op pad na die Algemene Sinode in Oktober. Ook moet eenheid nagestreef word, maar dan werklike eenheid in waarheid, en nie ’n valse of oppervlakkige eenheid bloot net ter wille van eenheid nie. Juis onder andere ook die boek Judas in die Bybel leer ons dat ons die kwade moet bestry.

Mag dit wees dat die steeds bloeiende Christendom in die regsinnig-geörienteerde kerke in Nederland steeds bloeiend (groeiend) sal wees maar mag ook gesonde regsinnigheid in die NG Kerk weer opbloei en groei. Mag ons almagtige en albeskikkende God Drie-enig ons op hierdie pad verder vorentoe in gehoorsaamheid onder andere op die Judaspad begelei.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top