Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: God se waarheid is konstant onder die vergrootglas

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan van Noordwes skryf: Die Bybel is vol metafore oor skape en herders. Jesus is die goeie Herder, ons is sy skape. Die fliek American Sniper het ’n aanhaling oor skape wat my bygebly het: “Daar is drie tipes mense in hierdie wêreld: skape, skaaphonde en wolwe.” Ek hou van die analogie en die Bybel verwys ook na wolwe wat die skape kom verslind. Johannes Calvyn het gesê dat ’n hond blaf wanneer sy baas aangeval word, en hy (Calvyn) sal ’n lafaard wees indien hy stilbly wanneer God se waarheid aangeval word. God se waarheid is deesdae konstant onder die vergrootglas.

Ek lys hieronder ’n paar voorbeelde van wat Jesus (J) sê en wat ander sê (AS):

J: “Ons Vader wat in die hemel is.”

AS: God is ’n Vader of ’n Moeder, net soos jy wil.

J: “Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid …” (“Porneia”: enige seksuele verhouding buite dié van ’n getroude man en vrou).

AS: Diegene wat hulle weg oopsien om selfdegeslagverbintenisse te bevestig, is welkom om dit te doen en daar behoort ’n formulier daarvoor te wees.

J: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie.”

AS: Die Bybel misluk as ’n handboek oor geslagsake.

Hierdie is maar enkele voorbeelde van wat bespreek word, maar tans hoor ’n mens net enkele skaaphonde blaf. Is dit moontlik dat die skaaphonde só min is?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top