Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: Nog ’n NG streeksinode wil boere help na Vrystaat-brande

Eers Vrystaat, toe Noordelike en nou ook Oostelike streeksinode samel fondse in om boere te help na veeverliese en veldskade weens verwoestende veldbrande onlangs  in dele van die Vrystaat en Noordwes.

Luidens Oostelike se jongste Familienuus-nuusbrief gaan hierdie streek “handevat met die NG Kerk in die Vrystaat” wat “geloofwaardige vennootskappe gevestig (het) met die georganiseerde landbou om die hulp te versprei”. 

Soos Kerkbode vroeër berig het, fokus ds De la Harpe le Roux, uitvoerende hoof van Vrystaat se Barmhartigheidsdiens wat hulle Hoopfonds behartig, tans op die voorsiening van brandstof sodat weiding wat deur mede-boere geskenk is, vervoer kan word na plase waar die nood is.

Lees meer oor Oostelike Sinode se SinOosSeën-fonds (Artikel 18A-fonds) in die streek se jongste nuusbrief HIER.

Lees ook: Elders gelees: NG streeksinodes wil slagoffers van brande help

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top