Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Stemme uit die sinode: Gebed vir Gasa en Israel

Chris van Wyk skryf**: Die gewelddadige gebeure wat in die Midde-Ooste afspeel tussen Hamas en Israel laat my dink aan Jesus se perspektief toe Hy Jerusalem ingery het net voor sy kruisiging. “Hy het die stad gesien en daaroor gehuil en gesê: ‘As jy maar op hierdie dag dié dinge besef het wat vir jou vrede kan bring! Maar nou is dit vir jou oë verberg’” (Luk‬ 19‬:42‬).

Lees ook: Boek: Skrywer bied dieper verstaan van Palestynse verset

Daar was baie mense wat in sy tyd ook harte vol haat en bitterheid teenoor ’n besettingsmag gehad het. Hulle wou sien dat dit met geweld omvergewerp word. En het gehoop dat Jesus in daardie stryd betrokke sou raak.

Jesus het egter Jerusalem binnegegaan met ’n radikaal ander plan. Hy het alreeds in die Bergrede sy volgelinge geleer om hulle vyande lief te hê en vir hulle vervolgers te bid. Hy het Homself nou aangebied om doodgemaak te word as God se uiteindelike reddingsplan vir die mensdom. Om versoening te bring met God en medemens.

Dieper as die stryd van geweld in die Midde-Ooste woed daar ’n geestelike stryd. Dit is ’n stryd wat gestry word vir die harte en gedagtes van mense wat van nature dinge in eie hande wil neem, maar wat ware vrede sal vind slegs deur hulle te onderwerp aan God se weg in Christus, die kruisweg, die weg van radikale vergifnis, van liefde vir hulle vyande.

Ek bid vir ’n geestelike deurbraak; dat baie se oë sal oopgaan vir ’n nuwe en ander manier om vrede te soek. Mag God se Gees mense uit hulle vrees en wanhoop na Jesus, die Vredevors, die lig van die wêreld, bring.


** Dié is ’n gasrubriek-reeks waar ons sinodegangers aan die woord stel.

Dr Chris van Wyk is moderator van die Sinode van Oos-Kaapland.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top