Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

BESLUIT: Kategese

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Ons glo dat God ons roep om voort te gaan met die geloofsvorming van die jeug binne die NG Kerk en NG kerkfamilie, maar ook aan die jeug in die algemeen. Ons reken dit kan plaasvind met die volgende bemagtiging:

1 Die Algemene Sinode oordeel steeds dat Kategese as ’n prioriteit van die Algemene Sinode beskou moet word.

2 Die Algemene Sinode gee die Taakspan Kategese die opdrag om eietydse en relevante materiaal en ander hulpmiddels binne die raamwerk van die gereformeerde teologie en belydenisskrifte van die NG Kerk te ontwikkel.

3 Die Taakspan Kategese hoort gemeentes te ondersteun in geïntegreerde geloofsvorming, sodat geloof geleef word.

4 Die Algemene Sinode moedig gemeentes aan om, wanneer hulle Kategese materiaal kies, die raamwerk van die Taakspan Kategese as riglyn te gebruik.

5 Die Algemene Sinode betuig groot dank aan Bybel-Media vir die samewerkingsooreenkoms en groot ondersteuning wat hulle bied aan die Taakspan Kategese.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top