Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

BESLUIT: Kategese

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.


Ons glo dat God ons roep om voort te gaan met die geloofsvorming van die jeug binne die NG Kerk en NG kerkfamilie, maar ook aan die jeug in die algemeen. Ons reken dit kan plaasvind met die volgende bemagtiging:

1 Die Algemene Sinode oordeel steeds dat Kategese as ’n prioriteit van die Algemene Sinode beskou moet word.

2 Die Algemene Sinode gee die Taakspan Kategese die opdrag om eietydse en relevante materiaal en ander hulpmiddels binne die raamwerk van die gereformeerde teologie en belydenisskrifte van die NG Kerk te ontwikkel.

3 Die Taakspan Kategese hoort gemeentes te ondersteun in geïntegreerde geloofsvorming, sodat geloof geleef word.

4 Die Algemene Sinode moedig gemeentes aan om, wanneer hulle Kategese materiaal kies, die raamwerk van die Taakspan Kategese as riglyn te gebruik.

5 Die Algemene Sinode betuig groot dank aan Bybel-Media vir die samewerkingsooreenkoms en groot ondersteuning wat hulle bied aan die Taakspan Kategese.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.