Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Trompsburg: Leraar (vastetermynpos van 3 jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Hiermee maak die NG Gemeente Trompsburg bekend dat hulle aansoeke vir bogenoemde pos inwag.

Posbeskrywing

Agtergrond:

NG Gemeente Trompsburg is ’n plattelandse familiegrootte gemeente met die boerdery gefokus op veeboerdery. Op die dorp is daar ’n huis vir bejaardes wat deel vorm van ENGO met 52 inwoners. Daar is ’n goeie laerskool met ’n koshuis wat leerders vanuit die omgewing en ander dorpe huisves.

Die gemeente bestaan uit 229 belydende lidmate en 68 dooplidmate.

Wat word van jou verwag:

Ons vra van jou om die liefde wat jy vir die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees het, uit te leef in die gemeente en gemeenskap.

Die gemeente is Skrifgetrou gereformeerd met vernuwende denke. Ons beperk jou nie net tot Artikel 9 om jou roeping uit te leef nie. Vir die gemeente is die persoonlike pastorale versorging, insluitend huisbesoeke van die lidmate, belangrik.

Ons vra van jou om met jou unieke menswees ’n verskil te kom maak en saam met die gemeente (spanwerk) in die voetspore van Jesus te loop in die uitbou van sy koninkryk (2 Kor 6:1-2).

Tydperk: Vastetermynpos vir drie jaar wat, na gelang van omstandighede, verleng kan word.

Vergoeding: Die gemeente bied ’n pakket volgens sinodale riglyne tot ’n maksimum van totale koste pakket van R600 000 aan.

Aansoeke:

Stuur vir ons ’n CV van nie langer as drie bladsye wat jou persoonlikheidsprofiel insluit en ten minste drie referente met hulle kontakbesonderhede.

Apart van die CV deel met ons jou droom vir die gemeente van Trompsburg en hoe jy dit gaan uitleef.

Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Febuarie 2024. 

Stuur aansoek aan die skriba per epos: ngktpg@rmsnet.co.za

Aanstellingsdatum: 1 Mei 2024 of so gou moontlik daarna.

Navrae: Mari Fourie (skriba) 083 333 1940.

              Louis Kotze (voorsitter van die kerkraad) 082 388 1359.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.