Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Bybelse oorwinning verkies gewoonlik ’n minderheid plus God

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Wicus Luwes van Richardsbaai skryf: Die alewige soeke na mense wat met ons saamstem, herinner my aan ’n stelling wat Albert Einstein op ’n keer gemaak het. Met die bekendstelling van Einstein se relatiwiteitsteorie het daar ’n groep van 28 fisici ’n verdoemende boek teen sy stelling uitgegee. Die boek getiteld, 100 Authors against Einstein, is as reaksie op iets geskryf. Die titel alleen spreek al boekdele, want in plaas van 100 Authors against the relativity theory, verwys die titel eerder na Einstein.

Ons hou vandag steeds daarvan om ons teorieë te regverdig deur die hoeveelheid mense te tel wat met ons saamstem. Dit is asof ons onseker is en sekerheid in getalle, eerder as ’n konsep wil verkry. Die Bybelse oorwinning daarteenoor verkies gewoonlik ’n minderheid plus God. Dink maar aan toeskouers van Elisa en sy dienaar, of Gideon en sy manskappe wat volgens menslike maatstawwe in die minderheid was. Vir God is minderhede en meerderhede ’n relatiewe begrip.

Mark Twain het op ’n keer gesê: “Whenever you find yourself on the side of the majority, it is time to pause and reflect.” Ek is nie seker of Einstein met Twain sou saamstem nie, maar ek weet wel dat daar veel meer waarhede as relatiewe waarhede in die Bybel is om raak te sien. Ek weet ook dat iemand wat op relatiewe waarhede fokus, die risiko loop om die Waarheid mis te lees.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Brief: Bybelse oorwinning verkies gewoonlik ’n minderheid plus God”

  1. DIE BELYDENIS VAN DIE 46 VRYSTAATSE PREDIKANTE

    TEOLOGIESE ONVERSOENBAARHEID

    Dis in wese teologiese onversoenbaarheid in die NG kerk wat tot hierdie Belydenis aanleiding gegee het.
    Die kerk probeer op twee stoele sit: Die Gereformeerde teologie word met die mond bely terwyl die Liberale teologie die trom slaan.
    Nou is almal gefrustreerd en die hare waai.
    Die olifant in die kamer bly: Die liberale teologie domineer en die Bybel word gaandeweg van sy gesag ontdaan. “Die Bybel in sy geheel is die Woord van God” word nou in effek: “Die Woord van God is IN die Bybel”. Dit beteken dat nie alles in die Bybel aanvaar kan word nie . Deur die eeue het die
    Tradisionele Bybelse Christendom hierdie siening onomwonde as dwaling verwerp.
    Die liberale teologie het telkens in die geskiedenis nie net daartoe gelei dat die gesag van die Skrif afgewater word nie, maar ook dat Christus se Godheid ontken word. Dit gebeur omdat die menslike rede die beslissende faktor word; ‘n geval van “Man is the measure of all things”. Dikwels word ook die kultuur van die dag, klakkeloos nagevolg.
    Die Historiese Bybelse Christendom van die afgelope 2000 jaar, bepaal dat seksuele verkeer alleenlik binne ‘n permanente, monogame, heteroseksuele huwelik hoort. Hierdie siening is reeds deur die NG kerk verander en uitgebrei. Verder het die Algemene Sinode aborsie op aanvraag (verbreking van die sesde gebod) en die reël van Gebedsgeleenthede met ander godsdienste (verbreking van die Eerste gebod) gunstig oorweeg. Poligamie, genadedood en geslagsverandering mag ook binnekort oorweeg word.
    Die geskiedenis bewys dat Liberale teologie dikwels ‘n voorloper is van Panteïsme (alle godsdienste het dieselfde godheid as basis), Universalisme (alle mense word gered) asook die verering van die natuur: Moeder aarde. (Sommige NG kerkleiers noem God alreeds “Moeder”). Open dit nie die deur vir paganisme en gevolglike barbarisme nie?.
    Sou dít wees waarheen die NG kerk op pad is ?
    Vandaar dan die voortdurende en voortslepende ongelukkigheid.

Comments are closed.

Scroll to Top