In elke plattelandse dorp staan ’n kerkgebou. Wat gebeur rééds daar?
Dit is die onderwerp wat ds Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode, tydens sy spreekbeurt op Woensdag 21 Februarie by ’n oplossingsberaad op Bothaville aangeroer het. “Ek gaan enkele voorbeelde gee … as dit nog nie by jou kerk gebeur nie, vat die boodskap terug,” het Lubbe gesê. Die lys sluit hoofsaaklik voorbeelde in van kerke wat hul geboue en geriewe oopstel vir dwarsdeur-die-week-gebruik. Maar ook op teologiese vlak ’n breër verstaan van “kerk” as ’n kultuurorganisasie wat een ras en taal bedien. Kyk ’n uittreksel van die video toespraak hierbo.
Geborg
Wees gegroet in Sy naam,
Baie dankie dat ek en my vrou ons hulp sal kan aanbied as herders-paar by enige platteland se dorpie in Ooskaap, Suid-Kaap, Wes-Kaap, Boland of Namakwaland, met min of selfs vireers sonder betaling met slegs huisvesting as vergoeding. Ek het 20+ jare ondervinding in beide Afrikaans en Engels en is ‘n geregistreerde huweliks- beampte. My vrou is ‘n Bybel kenner van formaat.
Ons is op baie kort kennisgewing beskikbaar.
Ons sal graag persònlik verder uitbrei hieroor en kan geskakel word op 0728842667
Seënwense,
Past. Ron Reynolds