Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien: Tom Smith aanvaar pos as Excelsus-hoof

Dr Tom Smith het die benoeming aanvaar as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy sal formeel op 1 April 2024 in diens tree.

Volgens ds Hannes Windell, sinodale bestuurder: Hoëveld Sinode, het die Kuratorium van die NG Kerk by die Universiteit van Pretoria Donderdagmiddag kennis geneem dat dr. Tom Smith die benoeming as hoof van Excelsus aanvaar het.

Dr Tom Smith is diensleraar by Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg. Hy het in 2021 ’n PhD by Universiteit Pretoria voltooi wat ’n pedagogie vir missionale dissipelskap ondersoek het en het ook verskeie boeke en akademiese artikels agter sy naam.

Hy volg vir dr André Bartlett op.

Ons is baie dankbaar en het groot waardering vir die besondere werk wat dr. André Bartlett gedoen het tydens sy bediening as die Hoof van Excelsus, sê Windell. “Die Kuratorium sien uit daarna om saam met dr Smith te werk. Ons bid hom ook die Here se seën toe op die nuwe fase van sy bediening,” 

Lees ook: Tom Smith oor armoede en rykdom en sy terugkeer na die NG Kerk

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top