Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: Het die Vader vir ons aan die kruis gesterf?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


G.O.B. van Johannesburg skryf:

Met verbasing het ek ’n gebed van ’n ouderling aan die Nagmaaltafel gehoor, waar hy gebid het: “Vader, dankie dat U aan die Kruis vir ons gesterf het”. Het hierdie persoon lewende en onderskeibare verhoudings met die Vader as vader, met die Here Jesus as persoonlike verlosser en met die Heilige Gees as helper en trooster?

Mag ek my mede-Christene bemoedig om, ondanks die misterie van die Drie-eenheid, die onuitspreeklike voorreg te waardeer dat ons met elke Persoon afsonderlik en op spesifieke en unieke wyses in gebed mag verkeer.

Ons het Christus as verlosser en middelaar aangeneem. Johannes 3:36. Hy alleen het aan die kruis vir ons sondes gesterf. Ons het nie die Vader of die Heilige Gees as sulks aangeneem nie. Christus is die Seun van God; ons Hoof van die kerk; ons toekomstige Hemelse Bruidegom. Hy is ons Hoëpriester. Hier op aarde is Hy nou die Spreekbuis van die Vader (Heb 1). In Openbaring 5 word die gebede van die gelowiges as wierook tot Hom gebring. Almal wat in die hemel en op die aarde is, bring Hom spesifiek lof en aanbidding. Hierdie is verwysings wat op Christus betrekking het, nie op die Vader of die Heilige Gees nie.

Soortgelyk in Openbaring 4 word God die Vader spesifiek geloof en aanbid. Ek hoef nie bykomend die vele en afsonderlike geaardhede van ons verhoudings met die Vader of met die Heilige Gees hier uiteen te sit, om die beginsel van verskillende verhoudings met elk van die drie Persone van die Godheid te onderstreep nie.

Mag ons dan in ons persoonlike en openbare gebede en aanbidding die werklikheid van ons onderskeie verhoudings met die drie Persone weerspieël.

Ek wil predikante bemoedig om hieroor te preek en gelowiges om daaroor met mekaar in gesprek te tree asook om dit as ’n Bybelstudie-onderwerp te gebruik.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top