Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: ‘Almal het draadsitters geword’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Ceska van Huyssteen van Standerton skryf:

Dit is ’n groot hartseer dat ek nie meer met die NG Kerk wil assosieer nie. Hoekom nie?

Want die NG Kerk twyfel oor die maagdelike geboorte van Jesus Christus, hulle wonder oor die hel, en predik van preekstoele af van die “heilige prisma” en God as moeder!

Geborg

Woordinterpretasie is een ding, maar om hierdie belangrike beginsels in twyfel te trek, sê vir my die geleerdes is besig om die pad byster te raak. Ek is ’n eenvoudige kind van God, ’n ware tollenaar wat roep na my verlosser, Jesus Christus, se genade en redding.

My Verlosser, Jesus Christus is gebore deur die maagd Maria, deur die krag en werking van die Heilige Gees! Hy het aan die kruis gesterf omdat na die sondeval, ek persoonlik hel toe sou gaan. Waarom sou Hy deur hierdie ongelooflike pyn en lyding gegaan het, as daar nie ’n hel was om my van te red nie? In die woord is Hy Vader, ABBA en nie moeder nie! Praat van verdeeldheid oor die regte redes, maar die misbruik en verdraaiing van die Woord word nêrens openlik aan die publiek weergegee nie, want almal het draadsitters geword en is nie meer lus vir hierdie geveg nie. Waarom is dit vir die ASM so ’n verskrikking dat ’n paar gemeentes nie meer deel van hulle wil wees nie, juis omdat ons WOORDVAS wil bly staan?

Jesus Christus het almal lief, maar Hy haat die sonde. Sonde is wat dit is en kan nie deur die mens goedgepraat of goedgekeur word nie, maar die mens mag nie verstoot word nie. Waarom nie, want daar is geen groot sondes en klein sondes nie, daar is sigbare en onsigbare sondes, dit wat ons sien en veroordeel en dit wat weggesteek word maar God steeds sien. God is liefde en het elke sondaar ongrensbaar lief! Hou op kibbel oor onbelangrikhede en begin gesels oor dit wat regtig saak maak. My God, my God, wees hierdie sondaar genadig!


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.