Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Pinkstergebed vir eensgesindheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Theo Badenhorst van Brackenfell skryf: Die Pinkstertyd kom nader en dit is die tyd waarin die kerk van Christus veral bid vir haar eie geestelike opbloei. Met die onenigheid wat daar tans in die NG Kerk is, is gebed vir eensgesindheid veral nodig. By ons Pinksterbidure behoort gemeentes dit ’n prioriteitsaak te maak om in die gebed te stry vir hierdie eensgesindheid, sonder verdagmakery van diegene wat ons meen aan die ander kant van die kerklike woelinge staan. Die eensgesindheid is ook net moontlik as ons die pad van selfkruisiging loop soos Christus. Dit is die pad wat deur Filippense 2:5-11 aangedui word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top