Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 10 Junie 2024.
Dienstermyn: Vastetermyn twee jaar kontrak.
Gemeenteprofiel:
NGK Gansbaai is geleë in die Overberg langs die beeldskone Walkerbaaikuslyn. Die kerkgebou is geleë in die middel van die dorp. Die kerk is alreeds vir meer as 80 jaar ’n hawe van God se genade vir lidmate, besoekers, vreemdelinge en noodlydendes. Tans het die kerk 2 100 belydende lidmate en 230 dooplidmate. Die gemeente is verdeel in die volgende ses streke: De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach en Baardskeerdersbos. Die NGK en die VGK Blompark is alreeds vir ’n geruime tyd in ’n geseënde samewerkingsverhouding. Ons gemeente het weekliks ’n verskeidenheid eredienste waaronder ’n goed gevestigde gesinsdiens.
Leraarsprofiel: Ons gemeente het ’n behoefte aan ’n energieke diensleraar (verkieslik nie ouer as 30 nie) wat saam met ons die gesinne en jongmense van ons dorp kan bedien. Terwyl ons gemeente se jongmense min is, het ons gemeenskap heelwat jongmense en gesinne wat met ’n verskeidenheid van maatskaplike uitdagings stoei. Ons het ’n behoefte aan ’n diensleraar wat ons kan help om saam met ons en ons plaaslike VG gemeente ’n hawe van God se genade ook vir hierdie gesinne te wees.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Die diensleraar se primêre bedieningsfokus sal die gesinne en jeug van ons gemeentes en gemeenskap wees.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
Aansoek: Aansoekers moet teen die sperdatum ’n volledige CV stuur aan die kerkkantoor:
Dit staan aansoekers vry om ’n kort bekendstellingsvideo van hulleself in te stuur.
Diensaanvaarding: 1 Okt 2024.
Navrae: Kerkkantoor 028 384 0510.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
