Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ek en Suretha het versigtig die roepstem en uitdaging aanvaar om predikantspaar te word, tussen mense waarmee ons opgegroei het en baie goed ken, skryf dr Gerdrie van der Merwe.

Gerdrie van der Merwe skryf: Genadebrood op die water

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Na aftrede beleef elke predikant genadejare en rustigheid, soms ook seldsame verassings op die lewenspad. Dit word beskik en bestuur deur ons werkgewer, die Here Jesus Christus. Dit het ons beleef toe ek twee jaar lank termynleraar was in die gemeente Trompsburg, my grootword dorp waar my voorgeslag in 1854 hulle tentpenne ingeslaan het. Nooit het ek kon droom, dat ek in die pastorie sou woon in Kerkstraat 13 nie, die huis wat ingewy is op 25 Oktober 1953, my geboortedag.

Met my bevestigingsrede was ds Josua Deacon van Bloemfontein se teks: “Maar die waarheid is, ʼn profeet word nie in sy tuisdorp aanvaar nie”. (Lukas 4:24). Ek en Suretha het versigtig die roepstem en uitdaging aanvaar om predikantspaar te word, tussen mense waarmee ons opgegroei het en baie goed ken. Onthou my leierouderling Louis Kotze, se ma en ek was saam in 1961 in Sub A op Trompsburg. Daar was geen geheime tussen my en gemeentelede nie, want ons het mekaar se leefwêreld geken en oor meer as vier geslagte meegeleef. Ek kon onbevrees die Blye Evangelie bring aan my skoolmaats, hulle wat nou saam met my oud en mank geword het. Ek kon hulle as gesinne met Bybelse genadebrood bedien, hulle kleinkinders doop, belydenis van geloof laat aflê en trou. Ek kon saam met hulle die dood van geliefdes beleef, verwerk en aanvaar. Ons kon saam ʼn oorspoelende liefdesgolf wees vir die Here Jesus en genoegsaam in mekaar se leef- en herinneringswêreld vertoef.

Ons kon met huisbesoek ’n uur lank in mekaar se oë kyk, nie praat oor herinneringe en boerdery nie, maar oor die uitdagende geloofspad met Jesus. Ek kon luister, bid en dien. Ek kon my lewensleuse uitleef: Mik hoog genoeg ! Buk laag genoeg! Saai wyd genoeg! Verwag ruim genoeg.

Genadebrood op sy beste! Ons het van 2022-2024 saam met die gemeente Trompsburg gegroei tot groter wasdom in Christus Jesus. Dit was die beste twee jaar van ons hele lewe. Saam met Paulus kan ons getuig: “Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God”. (Filippense 1:3).  – Dr Gerdrie van der Merwe VDM 


Uit die Kerkbode-argief: 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top