Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister hier | Prof Malan Nel vertel van die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974

Al wat hulle wou doen is om jongmense te inspireer vir Jesus.

“Dit is genoem die evangelisasiejaar van die kerk. Die leuse was ‘Lewe vir Christus en vir sy kerk’.” So onthou prof Malan Nel op 85 nog helder die gebeure rondom hierdie projek wat die Elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) beskryf as “een van die merkwaardigste uitreike van die NG Kerk in die 20ste eeu na die jeug”.

Die aksie het, volgens eCKe, “by baie jongmense tot nuwe entoesiasme vir die kerk gelei en groot getalle het hulle ná 1974 aangemeld vir teologiese studie”.

’n Onbedoelde uitkoms, sê hierdie buitengewone professor in praktiese teologie van die Universiteit van Pretoria. “Dit was nie deel van my en oom Mike (Smuts) se bedoeling nie. Ons het bedoel om jongmense te inspireer oor die saak van Jesus,” vertel hy vir Kerkbode.

Prof. Malan Nel het onlangs saam met so 18 van die oorspronklike Jeug-tot-Jeugaksie se leierskapgroep in die Vrystaat reünie gehou om die 50ste herdenking te vier van hierdie inisiatief wat die bedieningsfilosofie wou vestig dat jongmense toegerus moet word om met jongmense te werk. Foto: Verskaf

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top