Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PODSENDING: Kerkwees Vandag | ’n Gestuurde Avontuur + Prentjies uit Namibië (Episodes 1 en 2 met Nico en Tom)

Twee lekkerluister episodes van die Kerkwees Vandag-podsending, met Nico Simpson en Tom Smith.

 

‘n Gestuurde Avontuur | Episode 1
“Die geskenk van die gemeenskap van gelowiges lê in die informele spasies”, vertel Tom want, soos Nico tereg sê, “Mense het die behoefte om die tafel langer te maak”.
Dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media, en Dr Tom Smith, hoof van Excelsus, gesels, onder andere, oor tegnologie in die kerk en die spoed waarteen ons geforseer word om leef.
Nico wys ‘geloof in prentjies’ en vra ‘n belangrike vraag: “Is verandering in die kerk ‘n lys van goed wat jy moet doen of ‘n proses waaraan jy deelneem?”

Namibië uit prentjies | Episode 2
Nico deel weer prentjies oor Kerkbode se onlangse besoek aan Namibië en vertel ons oor sy ontmoeting met Andries wat sy siening verander het: “Standplaasleraaars is nie ‘n plaasvervanging vir ‘n ‘regte dominie’ nie, hulle is ‘n geweldige gawe vir die kerk.”

LEES OOK: Namibië: ‘n Besoek aan dié ‘pioniers’ van teologiese opleiding

Dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media, en Dr Tom Smith, hoof van Excelsus, gesels ook oor die feit dat die ‘obsessie’ in die kerk met wie is in en wie is uit, nie besig is om ons te help nie. Tom vertel van ‘n stadiger lewe met agtergrondmusiek as padkaart en Nico beklemtoon die belangrikheid van minder praat en meer luister.

TOERUSTING: Om van die kunswerke en grafika, geïllustreer deur Nico, af te laai, kliek HIER.


KerkweesVandag2

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top