Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Wat is die Bybelse argument vir of teen die erkenning van verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag? André Bartlett se standpunt.

Resensie: Handige en kragtige hulpbron vir studie van gebed


Biblical theology of prayer in the New Testament deur Francois P Viljoen en Albert J Coetsee (reds)

Uitgewer: AOSIS Publishing, 2023

Resensent: Han Janse van Rensburg

Soos so mooi in die titel vervat, fokus hierdie boek op die uitbreiding van ’n Bybelse teologie van gebed gebaseer op die Nuwe Testament. Die titel gee ook reeds ’n belangrike aanduiding van die benadering wat deur die skrywers gevolg word – ’n Bybels-teologiese ondersoek.

Die boek bring ’n (amper oorweldigende) magdom relevante materiaal oor gebed in die Nuwe Testament bymekaar. Die wonderlike hiervan is dat enige iemand wat graag ’n studie wil maak van gebed in die Nuwe Testament as geheel, of in een van die individuele boeke, nou ’n baie handige en kragtige hulpbron tot hulle beskikking het.

In hierdie boek sal jy beslis vind wat jy benodig – of dit nou gaan oor gebed as lofprysing, aanbidding, danksegging, smeking, intrede of belydenis, of oor die Grieks wat hierdie gebede onderlê. Al die relevante plekke waar gebed in die Nuwe Testament voorkom word deeglike eksegese op gedoen, boek-vir-boek. Veral opmerklik is die goed-gegronde manier waarop die Griekse woorde (en woordeskat) wat oor gebed handel semanties geanaliseer word deur gebruik te maak van Louw en Nida se (steeds) deurslaggewende Grieks-Engelse leksikon.

Wat dit selfs nog beter maak is die feit dat ’n hele menigte teoloë, almal kenners in hulle onderskeie areas, bymekaargebring is om te verseker dat alle eksegetiese bevindings in goed-gestruktureerde kategorieë ingedeel word. Sodoende word die leser verder bygestaan in verstaan presies hoe en hoekom gebed so ’n integrale deel van die lewens van Nuwe-Testamentiese individue en geloofsgemeenskappe was.

Met die publikasie van hierdie studie slaag die skrywers daarin om aan enige iemand wat Nuwe-Testamentiese gebed in meer diepte wil bestudeer nie bloot ’n wegspringplek te gee nie, maar eerder ’n ware vade mecum (“go with me” pocketbook) handleiding en gidsboek met alles wat jy mag nodig hê vir verdere studie.

Belangrik om te onthou: Hierdie is die tweede van ’n twee-volume publikasie oor ’n Bybelse teologie van gebed. Die eerste boek het die konsep van gebed in die Ou Testament behandel. As sulks beveel ek sterk aan dat jy beide boeke tot jou digitale biblioteek toevoeg. Sodoende het jy ’n volledige ondersoek wat aan jou deeglike kennis van beide die Ou- en Nuwe-Testamentiese korpusse gee. En dit lei dan weer tot ’n volronde verstaan van en perspektief op die ontwikkeling van gebed deur die tye van die Bybel heen.

Gratis beskikbaar by Aosis Publishing, soos ook die eerste volume oor gebed in die Ou Testament.

Dr Hanré Janse van Rensburg is voormalige dosent in Nuwe Testament by die Universiteit van Pretoria en tentmakerleraar by Ooskerk.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.