Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Wat sê die Bybel oor Jesus se opstanding?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Ds Stefaan de Jager van Jeffreysbaai skryf: Gedurende 2011 het ek twee boeke oor die opstanding van Jesus uit die dood gelees. Die een was “Opstanding” deur Julian Müller, die ander een “Opgestaan” deur Ferdie Mulder.

Die twee boeke het dieselfde onderwerp, maar verskil soos dag en nag. In “Opstanding” gaan Julian Müller van die standpunt uit dat Jesus nie liggaamlik uit die dood opgestaan het nie, terwyl Ferdie Mulder in “Opgestaan” die duidelike standpunt het dat Jesus wel liggaamlik opgestaan het.

“Opstanding” is ’n wollerige boek wat die lesers vol onsekerheid laat, soveel so dat dit klink asof Müller twyfel as ’n deug sien. As Jesus nie fisies opgestaan het nie, word Handelinge 13:36-37 (Dawid se liggaam het vergaan, maar Jesus se liggaam het nie vergaan nie), bloot gesien as die woorde van Paulus oor God, wat van die tafel gevee kan word as dit nie inpas by die mens nie.

“Opgestaan” daarenteen, is ’n boek met ’n helder duidelike boodskap sonder enige twyfel dat Jesus wel liggaamlik opgestaan het. Saam met Mulder glo ons dit omdat Handelinge 13:36-37 nie vir ons Paulus se woorde oor God is nie, maar God se Woord aan ons deur Paulus.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.