Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Gerdrie van der Merwe in sy studeerkamer op Trompsburg in 2023. Foto: Le Roux Schoeman / Kerkbode-argief

Elders gesien: Gerdrie van der Merwe sterk aan ná groot hartoperasie

BETERSKAP: Dr. Gerdrie van der Merwe kan weer ‘n paar tree loop en regop sit na ‘n onlangse hartoperasie, sê sy vrou Suretha van der Merwe aan Kerkbode-medewerker Jens Friis.
Van der Merwe, het ‘n vierdubbele hartomleiding ondergaan in die Mediclinic Hospitaal in Bloemfontein. Na verwagting sal hy vyf tot sewe dae in die hospitaal wees afhangend van sy vorderiing. “So ons vat dit dag vir dag.”
Dié leraar se voetspore lê diep in die Suid-Vrystaat: Trompsburg, Philippolis, Bethulie, Smithfield … Hy was ook predikant in Kuruman. As skrywer van die doodsberigte in Kerkbode en die NG Kerk se Jaarboek, speel Van der Merwe ‘n reuse-rol in geskiedskrywing vanuit kerklike konteks.
Van der Merwe het op 28 April sy afskeidspreek in die NG kerk Trompsburg gegee.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top