Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Studie van dissipelskap vra: Hoekom vind Christene geweld so dikwels aanvaarbaar?


Draai die ander wang deur Deon Loots

Uitgewer: Skrywer self, 2024

Resensent: Ankia du Plooÿ

In die boek Draai die ander wang voer Deon Loots ’n diepgaande gesprek oor die rol van geweld binne die Suid-Afrikaanse kerklike gemeenskap.

Die skrywer werp lig op die dissonansie tussen Christelike beginsels en die beregtiging van geweld binne kerkgemeenskappe. Hy vra hoe dit moontlik is dat Christene, wat geroepe is om die vredesboodskap van Jesus uit te leef, dikwels geweld as ’n aanvaarbare oplossing vir konflikte beskou? Loots gebruik sy eie ervarings en die insigte van denkers soos Walter Wink en Leo Tolstoy om hierdie dilemma te verken en te beklemtoon dat kerklidmate gefaal het in die roeping om ware dissipels van Christus te wees.

Loots se reflektiewe aanpak dwing lesers om na te dink oor die wese van dissipelskap en hoe gedrag lyk wat deur die Gees van God bepaal word. Vir Loots gaan dit ten diepste oor wie ons as dissipels en volgelinge van Jesus Christus is. Vir hom gaan dit oor die uitleef van dit wat ons bely en glo onder alle omstandighede en te alle tye, veral wanneer die lewe moeilik is.

Lesers word ook uitgenooi om saam met die skrywer idees te oorweeg oor hoe ons vandag draers van die goeie nuus in Suid-Afrika kan wees. Loots vra of dit te veel gevra is om in ons omstandighede die weg van Christus te volg?

Hierdie boek is ’n noodsaaklike toevoeging tot die gesprek oor geloof, geweld en die roeping van dissipels van Jesus Christus in ’n toenemend gewelddadige samelewing. Dit is maklik om te lees en help jou om na te dink oor ’n leefwyse waarin jy goed kan wees vir ander, selfs in moeilike tye.

Beskikbaar by dissipelskap.co.za.

Ds Ankia du Plooÿ is die uitvoerende bestuurder van die vrouebediening in die sinode van Wes-Kaapland.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.