Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Prof. Pieter Duvenage is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in die geesteswetenskappe en opvoedkunde te ontwikkel. Foto: Verskaf

Elders gesien: Pieter Duvenage nou by Hugenote Kollege

Prof. Pieter Duvenage is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in die geesteswetenskappe en opvoedkunde te ontwikkel. 

Hy was voorheen Dekaan Geesteswetenskappe by Akademia (2019-2024) en professor en hoof van die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) (2011-2018). Dit is luidens ‘n onlangse skrywe vanaf hierdie teologiese opleidinginstituut wat noem hulle “fokus daarop om die Afrikaanssprekende gemeenskap in die voedingsgebied te bedien met nuwe geleenthede in hoër opvoeding”. 

Lees ook: Sosiale innovasie: Gevallestudies belig die nuutskepping caribuntu saamgestel uit caritas (omgee) en ubuntu (“ek is en daarom is jy”)

In die skrywe word ook genoem dat Duvenage tans ook ʼn buitengewone professor in filosofie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) is en professorale genoot aan die Centre for British Idealism and Collingwood Studies van die Cardiff Universiteit in die Verenigde Koninkryk.

Voorts ook dat hy sy doktersgraad in 1994 verwerf het oor die werk van die sosiale filosoof Jürgen Habermas. Hy spesialiseer in politieke en sosiale filosofie binne die velde kritiese teorie, fenomenologie/hermeneutiek en Suid-Afrikaanse intellektuele geskiedenis.

Duvenage is sedert 2003 ʼn geakkrediteerde navorser by die Nasionale Navorsingstigting (NRF), lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (sedert 2004), ʼn voormalige president van die Wysgerige Vereniging van Suider-Afrika (PSSA) (2005-2008) en het op die rade en direksies van verskeie instellings gedien. Hy het uitgebreide ervaring op bestuursvlak aan verskeie universiteite en private hoër onderwysinstellings in Suid-Afrika.

Hy is ook die skrywer, medeskrywer en redakteur van verskeie boeke asook geakkrediteerde artikels in vaktydskrifte en boeke. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top