Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Kollig | ‘Die Bybel troos my’ | Blinde veeltalige afgetrede prokureur (76) vertel sy storie


André Steyn van Worcester is blind gebore. Hy vertel die Bybel was vir hom altyd ’n troos.

Na hy sy regsgraad by Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy eers as advokaat en daarna vir baie jare as prokureur gepraktiseer.

Op 76 hou hierdie inwoner van  die organisasie Innovation for the Blind homself deesdae veral besig met Bybelstudie.

Sy een groot gemis al die jare was ’n Afrikaanse Bybel in brailleformaat met kantnota’s. Hy vertel dat hy van jongs af self wou lees wat in die Bybel staan (hy besit ’n Franse, Latynse en verskeie Afrikaanse vertalings van die Bybel). Daarom is hy so bly oor die 2020 Afrikaanse vertaling wat vir die eerste keer in brailleformaat ’n Afrikaanse Bybel bied met voetnota’s.

Lees ook: NUWE AFRIKAANSE BYBEL VERSKYN

Marlene Jordaan van Innovation for the Blind kyk na hulle volledige stel van die 2020 Afrikaanse Bybel in brailleformaat. Dit bestaan uit 67 volumes van 8 082 bladsye. Foto’s: Helene Meissenheimer

Dié Bybel is gedruk deur Pionierdrukkery en deur die NG Kerk se Wes-Kaapse Moderamen en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gefinansier.

  • Hierdie en ander Afrikaanse vertalings van die Bybel kan aanlyn gekoop word by die Bybelgenootskap se Bybelwinkel asook by Bybel-Media se aanlyn-winkel.

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.