Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien: NG dominee se debuutroman haal gesogte literêre kortlys


Ds Elmarie Dercksen se debuutroman, Die gawe van groen, is op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke. 

Dit vorm deel van die kykNET-Rapport-boekpryse.

Die mede-gemeenteleraar van NG Bloubergstrand sê by navraag sy voel dankbaar en bederf om ingesluit te word op hierdie lys saam met Pieter Fourie vir sy tweede roman, Ons skulde, en Pieter Marais vir sy debuutwerk, Konkel.

Sy het op sosiale media genoem sy is “bly saam met die ander; soos Pieter P. Fourie sê het ons op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede romans reeds gewen: net om op hierdie blad te verskyn”.

Oor haar boek, wat verlede jaar verskyn het, het Lapa-uitgewers geskryf dit “beeld op treffende manier ’n jong vrou se sielkundige ontwikkeling uit, tesame met ’n besef van haar ontwakende seksualiteit en die mag wat sy as vrou het in ’n wêreld wat deur mans regeer word”.

Tydens ’n onderhoud met Kerkbode laasjaar April het Dercksen vertel die boek volg kort op haar meestersgraad oor die verband tussen gender en gesondheid. In plaas van nog ’n akademiese tesis het sy besluit om ’n storie te skryf. Hierdie boek is deel een en sy is reeds ’n ent weg met die opvolg. Oor die boek het sy gesê dat dit uit haar hart kom en gaan oor die vrae wat sy in haar kop en hart het.

Lees meer: Dominee se debuutroman vra vrae oor vrouwees in manswêreld

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top