Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Humansdorp-Oos: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Leraar

Die NG Gemeente Humansdorp-Oos is geleë in die sentrale plattelandse dorp Humansdorp in die Oos-Kaap, met die naaste lughawe in Gqeberha slegs 80 km ver. Jeffreysbaai is ook net 17 km van ons af. Humansdorp is ’n gesogte woonbestemming vir families met die pragtige kusdorpe St Francisbaai en Kaap St Francis slegs 20 km van die dorp wat ook deel vorm van die gemeente. Die dorp spog verder met goeie, gevestigde hoër- en laerskole.

Humansdorp bied sy inwoners ’n gemeenskap wat omgee vir mekaar, ’n onstuitbare geloof en wilskrag met aansteeklike entoesiasme om die gemeenskap en infrastruktuur van die dorp te bevorder. Menseverhoudings is belangrik en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk.

Ons nooi jou graag om die volgende leraar van hierdie gemeente te word.

Ons nooi jou om op jou unieke wyse ons verder te help om God se vreugde oor sy gemeente te vermeerder. Daarom word jy nie beperk tot die Artikel 9-pligstaat van die Kerkorde nie.

Ons gemeente bestaan meesal uit ouer lidmate en die uitbreiding na jongmense (skoliere en jong werkende volwassenes) is vir ons ’n prioriteit. Iemand wat jonk en energiek is met ’n passie vir die uitbreiding van hierdie bedieninge, sal ideaal wees.

’n Pro-aktiewe persoon met ’n belangstelling in gemeenskapaangeleenthede.

In ons omgewing is samewerking tussen beide NG gemeentes Humansdorp-Oos en Humansdorp (Moedergemeente) vir ons belangrik en ons leraar gaan in ’n span saamwerk met die voltydse leraar van Moedergemeente.

Help ons om jou te leer ken deur ’n kreatiewe CV van nie langer nie as drie bladsye te stuur na humansdorpoos@gmail.com

Ons sal ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente ontvang. Indien u dit oorweeg om aansoek te doen vra dan ’n vraelys aan by die kerkkantoor wat saam met u aansoek ingedien moet word.

Die sluitingsdatum vir die indiening van die CV’s is 31 Augustus 2024. Ons sal jou CV deeglik oorweeg en mag dan besluit om jou vir ’n onderhoud te nooi. Die datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Vergoeding is onderhandelbaar, met sinodale skaal 1 as riglyn. Behuising kan ook verskaf word.

Doen navraag by Erina de Jager by die kerkkantoor 042 295 2151 of by Maritz van Heerden 082 451 2520.

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

 

 

 

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.