Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Sinode van Wes-Kaapland
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) stel hiermee ’n vakature bekend vir ’n voltydse Bestuurder: Argief posisie, standplaas Stellenbosch-kantoor. Die geskikte persoon sluit in iemand wat beskik oor die vermoë om ’n argief doeltreffend te bestuur, wat insluit strategiese bestuur asook navorsing en ontwikkeling. Die posbekleër rapporteer aan die Diensgroepkoördineerder: Toerusting en Navorsing.
Primêre verantwoordelikhede
- Strategiese bestuur.
- Navorsing en ontwikkeling.
- Fondswerwing en netwerk.
- Ontwikkeling van die digitale argief.
- Rekordbestuur.
- Statutêre bestuur van kerklike argivalia.
- Skakeling en reklame.
- Kostebestuur.
- Personeelbestuur.
Minimum vereistes
- Relevante tersiêre kwalifikasie (byvoorbeeld Argief, geskiedenis, ens).
- Bewese ervaring (minimum drie tot vyf jaar) in ’n bestuurs- / leierskapsrol.
- Bewese kennis (minimum drie jaar) van die funksionering van die NG Kerkfamilie sal voordelig wees.
- Bewese kennis en/of ervaring met argiewe of rekordbestuur sal voordelig wees.
- Bewese kennis en/of ervaring mbt toepaslike wetgewing (byvoorbeeld POPIA, PAIA, ens) sal voordelig wees.
- Betrokkenheid binne die NG Kerkfamilie sal voordelig wees.
- Vermoë om in ’n span te werk en goeie interpersoonlike vaardighede.
- Goed ontwikkelde onderhandelingsvaardighede.
- Vermoë om netwerke binne en buite die kerkopset te bou.
- Bewese rekenaar- en tegnologiese vaardighede.
- Goed ontwikkelde kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
- Vermoë om konflik te bestuur.
- Goed ontwikkelde logiese denke / probleemoplossingvaardighede.
- Vermoë om selfstandig te werk en inisiatief te kan neem.
- Goeie oog vir detail.
- Goed ontwikkelde navorsingsvaardighede.
- Goed ontwikkelde rekordbestuur / administratiewe vaardighede.
- Goed ontwikkelde finansiële bestuursvaardighede.
Sluitingsdatum: 27 Augustus 2024 om 13:00.
Diensaanvaardingsdatum: 1 Februarie 2025 (vir onderhandeling).
Navrae:
Marius Breytenbach (Sinodale Taakspan Argief).
E-pos: marius@stellenberg.co.za
Telefoon: 082 376 6053.
Aansoekproses:
Die aansoekvorm, advertensie en volledige posbeskrywing kan by die volgende skakel gevind word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
Stuur die voltooide aansoekvorm (as voorblad) saam met ’n volledige CV aan:
Hulpbronbeampte (Elmien Theron).
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za
(E-pos opskrif: Aansoek – Bestuurder: Argief + Kandidaat naam).
Vergoeding:
Markverwante vergoeding sal bepaal word volgens die bestaande riglyne van die Sinode van Wes-Kaapland asook gebaseer op ondervinding en kwalifikasies van die aansoeker.